Best selling book on Amazon

Thu, Feb 4, 2010

0 Comments

Check out this book at Amazon.. It is a best selling book. If you would like to read more about the book just click on the picture of the book above and get it now!

Continue reading...

Having a Baby

Thu, Feb 4, 2010

0 Comments

I knew having children is a challenge, but I did not realise exactly how much they will keep you busy!!! Marius is a little angel, 6 months old next and just started eating solids this week.

So far so good… He demands a lot of attention and I am VERY glad to give him this. It is the only thing I CAN give and it is great to know that only my time is enough to keep him laughing every day…

He is a very calm child and happy, always smiling no matter what. As long as he is fed and has his naps, he does not complain at all.

He is also the reason why I have not been writing as ofter as I used to. I will try my best to, but sometimes time just gets away from me. I am sure you all will know how that feels.

I have been cooking some food for him today. Introducing some gem squash today. Can’t wait to see his little face! It is one of our favourite veg, so I hope he will like it too.

I am also making some mango smoothies for my husband, mother and myself this evening. That is a great treat, only need to add crushed ice and off you go… Hope you enjoy your day and we will chat again soon :)

Continue reading...

A New Year

Mon, Jan 4, 2010

0 Comments

Hope all of you have had a very Blessed Christmas season and a very HAPPY New Year. Hope to share lots of recipes and experiences with all of you in the year to come.

Please feel free to write to me via my blog and I will reply also via my blog.

If you feel like trying some South African food, you can now either purchase my downloadable book in both Afrikaans of English or you can now own the real book. It is only available in English at the moment, but the Afrikaans version will be available this year at some stage.

Have a great week and good luck to those that are back to work this week. Speak to you all very soon…

Continue reading...

Kersfees resep – KOFFIEKOEKIES

Tue, Dec 22, 2009

0 Comments

Ons Kersfees resep hierdie jaar is koffiekoekies, spesiaal vir Adri wat al lankal lus is hiervoor. 
Die koekies word gebak en deur die Kenwood meule gesit.  As jy nie een het nie kan jy dit sommer met ‘n handdrukker uitdruk of sommer balletjies rol.

Bestandele:
2 koppies botter
2 koppies suiker
1 koppie fyn appelkooskonfyt
1 eetlepel koeksoda
1 eetlepel lekker sterk koffie
‘n bietjie kookwater om die koffie in op te los
1 1/2 teelepel vanilla ekstrak
8 koppies meel 

Metode:
1.  Room die botter en suiker saam en voeg dan die konfyt by.  Meng goed.
2.  Los die koeksoda op ‘n klein bietjie melk en meng by.
3.  Los die koffie in kookwater op en voeg saam met die vanilla hierby.
4.  Voeg die meel hierby en knie sommer met die hand.
5.  Bak teen 180 grade celcius vir omtrent 10 minute op die onderste oondrak en dan ‘n
verdere 10 minute op die boonste rak.  Kyk dat die koekies nie brand nie.
6.  Laat afkoel en plak twee twee op mekaar.

Vulsel:
1 koppie suiker
1/2 koppie botter
1/3 koppie melk
1 eetlepel kits koffie
1 teelepel vanilla ekstrak

1.  Laat al die bestandele saam kook vir 5 minute. 
2.  Verwyder van hitte en meng tot koud.  Die vulsel sal dik word.

As hierdie resep te groot is, kan jy gerus net die helfte daarvan aanmaak.  Ek bak sommer so af en toe net ‘n kwart van die resep, so moenie bang wees dat dit te veel gaan wees nie.

Geseende Kersfees vir julle almal reg oor die wereld…

Continue reading...

Marius maak sy opwagting …

Mon, Aug 17, 2009

2 Comments

Wel, julle weet hoe ek net nou die dag geskryf het dat ek nou vir 4 weke op vakansie is voor die geboorte van ons babatjie?  Wel, dit was toe nie akkuraat nie.  Een week in my vakansie in en wat gebeur, ons seuntjie besluit om vroeg op te daag…

Hy is tog te pragtig, klein en dierbaar, 2.55 kg swaar, of is dit nou lig????  Maak nie saak nie, hy is pragtig gesond en ons dank die Hemelse Vader vir so ‘n wonderlike geskenk van bo.  Marius het eers sy naam met geboorte gekry.  Ons was nie seker gewees nie, maar het net na die geboorte besluit op die naam. 

Dit was wonderlik toe hulle hom in my arms neersit net na geboorte, so klein en wonderlik, kan nie die gevoel beskryf nie.  Dit is regtig onbeskryflik ongelooflik!!!!!!  Dit is nog wonderliker dat my wonderlike man hierdie gebeurtenis met my kon deel en ons babatjie se naelstring kon knip. 

Daar is geen wonderliker gevoel op hierdie aarde nie.  Marius my seuntjie, ons is trots op jou, so lief vir jou en jy maak ons lewe vol… XXXXXXX

Continue reading...

Ek is nou op rustyd…

Sun, Aug 2, 2009

0 Comments

Wel, sover so goed.  God het ons wonderlik geseen en met ons swangerskap gaan dit sover BAIE goed.  Ons is tog so dankbaar…

Ek het Vrydag my laaste dag by die werk gehad.  Nou is ek op vakansie vir 4 weke, my jaarlikse verlof en daarna is ek op kraamverlof.  Ons gaan hierdie volgende 4 weke moet gebruik om alles gereed te kry.  My ma het die pragtigste ou goedjies gestuur vir ons kleinding…

Ons sal die volgende paar weke gebruik om die kotbed gereed te kry en ek sal moet besluit wat alles nodig gaan wees, soos poeiertjies en roompies en so aan.  Ek weet regtig niks nie, maar ek is seker ons sal leer soos ons voortgaan. 

Ons is baie opgewonde alhoewel ook ‘n bietjie skrikkerig.  Ek sal so bietjie meer gereeld vir julle almal skryf noudat ek by die huis is.

Continue reading...
Older Entries