Soetkoekies – Recipes from South Africa
Soetkoekies

Soetkoekies

Ek het vandag soetkoekies gebak. Was in ‘n bui vir ‘n eenvoudige koekie sonder enige fieterjasies of vulsels. Net iets wat lekker vinnig bak en heerlik smaak met slegs ‘n handvol bestanddele.

Ek het baie lanklaas hierdie koekies gebak. Het gesukkel die laaste keer wat ek dit gebak het. Ek bak mos alles gluten vry en soms kan die meel probleme gee. Om die waarheid te sê, dit het my nou net mooi 4 jaar gevat om uit te pluis wat die beste kombinasie van meel is om te gebruik, afhangende wat jy bak.

So hierdie keer het die koekies heerlik gebak!! Ek het gebak voor ek by die huis uit is om die kinders by die skool te gaan haal en toe ons terugkom het die geur van die koekies ons sommer dadelik getref toe ons die deur oopmaak, heeltemal uitgebowl! Dit is werklik heerlik. Ek weet die outydse soetkoekie het ‘n fantastiese geur, maar die kan ek nog nie suksesvol bak nie. Die maklike soetkoekieresep wat my ma vir my gegee het, is altyd ‘n wenner.

Soetkoekies vir almal!!

Wanneer jy met glutenvrye produkte werk is dit altyd belangrik om te kyk na watter resep jy wil bak. As jy koekies bak wat lekker hard of bros moet wees en nie te veel rys nie, is dit belangrik om gewone meel te gebruik. Die meel moet nie net sagte mele bevat nie, maar het ‘n meel nodig wat harder is, iets soos soya…

As jy iets wil bak wat moet rys soos koek, kolwyntjies of plaatkoekies, is dit belangrik om die sagter mele te gebruik soos aartappel of tapioca meel. Gebruik oor die self-rys meel wat reeds bakpoeier in het en voeg die helfte van die bakpoeier bly as wat die resep vir jou sê om te gebruik.

Hoop hierdie wenke help so bietjie!

As jy belangstel om te kyk na die resepteboeke wat beskikbaar is, doen gerus so deur na my Amazon site te gaan kyk. Jy sal ook die glutenvrye weergawe hier kry. Anders kan jy die aflaaibare boek op hierdie webwerf van my koop.

About the Author Lizel Salter

I was born in Vanderbijlpark, South Africa and grew up in Vereeniging. The first time I left home was in 2002 to go to England on a working holiday. Met my husband halfway around the world, got married in South Africa and now have 2 beautiful children. One boy and one girl... Started writing down recipes I grew up with when I was living in England and love sharing them with others. Buy my downloadable book and keep all the recipes together! https://recipesfromsouthafrica.com/download-book-in-english/

Leave a Comment: