Resepte (Afrikaans) – Recipes from South Africa

Category Archives for Resepte (Afrikaans)

Soetkoekies

Soetkoekies

Ek het vandag soetkoekies gebak. Was in ‘n bui vir ‘n eenvoudige koekie sonder enige fieterjasies of vulsels. Net iets wat lekker vinnig bak en heerlik smaak met slegs ‘n handvol bestanddele.

Ek het baie lanklaas hierdie koekies gebak. Het gesukkel die laaste keer wat ek dit gebak het. Ek bak mos alles gluten vry en soms kan die meel probleme gee. Om die waarheid te sê, dit het my nou net mooi 4 jaar gevat om uit te pluis wat die beste kombinasie van meel is om te gebruik, afhangende wat jy bak.

So hierdie keer het die koekies heerlik gebak!! Ek het gebak voor ek by die huis uit is om die kinders by die skool te gaan haal en toe ons terugkom het die geur van die koekies ons sommer dadelik getref toe ons die deur oopmaak, heeltemal uitgebowl! Dit is werklik heerlik. Ek weet die outydse soetkoekie het ‘n fantastiese geur, maar die kan ek nog nie suksesvol bak nie. Die maklike soetkoekieresep wat my ma vir my gegee het, is altyd ‘n wenner.

Soetkoekies vir almal!!

Wanneer jy met glutenvrye produkte werk is dit altyd belangrik om te kyk na watter resep jy wil bak. As jy koekies bak wat lekker hard of bros moet wees en nie te veel rys nie, is dit belangrik om gewone meel te gebruik. Die meel moet nie net sagte mele bevat nie, maar het ‘n meel nodig wat harder is, iets soos soya…

As jy iets wil bak wat moet rys soos koek, kolwyntjies of plaatkoekies, is dit belangrik om die sagter mele te gebruik soos aartappel of tapioca meel. Gebruik oor die self-rys meel wat reeds bakpoeier in het en voeg die helfte van die bakpoeier bly as wat die resep vir jou sê om te gebruik.

Hoop hierdie wenke help so bietjie!

As jy belangstel om te kyk na die resepteboeke wat beskikbaar is, doen gerus so deur na my Amazon site te gaan kyk. Jy sal ook die glutenvrye weergawe hier kry. Anders kan jy die aflaaibare boek op hierdie webwerf van my koop.

pannekoek

Pannekoekdag

Kan jy glo!! Internasionale pannekoekdag. Die perfekte verskoning om pannekoek te bak al reën dit nie. Nie dat ek enige rede nodig het om pannekoek te bak nie. Vir my is daar niks lekkerders as ‘n lekker warm pannekoek besprinkel met kaneelsuiker nie. As ek my oë toemaak kan ek die geur van kaneelsuiker in die lug ruik. Waarom bak jy nie ook vandag heerlike pannekoek nie!!!

Bestanddele
2 1/2 koppies water (jy kan die 1/2 koppie water vervang met melk)
2 eiers
1/4 koppie olie (ek gebruik sommer sonneblomolie)
‘n knippie sout
2 koppies bruismeel (jy kan gewone meel gebruik met 2 teelepels bakpoeier)
1 teelepel suiker

Metode
1. Klits die eiers, water en olie goed saam.
2. Voeg die meel, sout, en suiker hierby. Klits goed.
3. Vul ‘n pan met die deeg en bak soveel pannekoeke as wat jy kan eet!

Jy kan gevulde pannekoeke bak met heerlike maalvleis en sous of sommer net met kaneelsuiker.

koekies

My books on Amazon

My recipe books are now all available on Amazon. There is a selection of both English and Afrikaans books. The list is as follows:

ENGLISH:

Recipes from South Africa – paperback version
This is a real paperback book that you can order and have delivered. Something to keep forever and pass on to your children. This book contains interesting information as well as all my recipes for starters, main courses, puddings, cookies and treats as well as cakes. Over 140 pages.

Cookies and Cakes – e-book version
This recipe book is for everyone that LOVES baking. You will find all kinds of cookies and cakes including coffee, sweet, old fashioned sweet, oats, custard and soentjies. You will also find chocolate cake, cup cakes and fruit cake recipes. Over 20 recipes.

Tarts and Treats – e-book version
This is a special treat with wonderful recipes from marshmallow tart, milk tart, sout tart and other treats including vetkoek, melkkos and much more. If you are looking for nice treats to bake for visitors or parties, this book is for you! Over 20 recipes.

AFRIKAANS:

Resepte vanuit Suid-Afrika – e-boek weergawe
Hierdie is my volle resepteboek met resepte vir alle geleenthede. Dit sluit in voorgeregte, hoofgeregte, slaaie, souse, nageregte, koekies, koeke en spesiale lekkernye…. Daar is ook ‘n paar nuwe resepte wat ek graag met jou wil deel.

Smullekker koekies – e-boek weergawe
Hierdie resepteboek is vir jou as jy daarvan hou om te bak en brou. Alles van koekies tot koeke…. Koffiekoekies, vlakoekies, soentjie, hawermout, soet, outydse soet en vele meer. Daar is oor die 20 resepte.

Terte en Bederfies – e-boek weergawe
Hierdie boek is vir jou as jy graag wil bak. Spesiale bederfies vir vriende en familie wat kom kuier of om verjaarsdae te vier. Alles van malvalekkertert, souttert, melkterk, vetkoek en melkkos… Meer as 20 resepte.

Ek is besig om aan die sagtebandboek in Afrikaans te werk. Sal baie binnekort beskikbaar wees. Geniet die e-boek weergawes vir nou…. Maklik om te gebruik en te stoor. Gebruik sommer jou telefoon of tablet om vanaf te kook en bak 🙂

GLUTEN FREE

I have now finished and published my Gluten Free book as well. This is especially for all the celiacs out there. My husband was diagnosed in 2009 and since then I have been adapting my South African baking recipes.

Romany Creams

Home Made Romany Creams

It is almost Christmas again, can you believe it… Feels like yesterday we all got together as a family and had so much fun. This year is a bit different. Lots of things happened but at least we are still able to keep in touch through technology… This year we are running a special for Christmas. Show the person that means the most to you that you are thinking of them.

If you live in the UK, you can order Home made Romany Creams, specially baked with love xxx We are selling little bags of cookies, 12 in a pack. It will be packaged in a beautiful bag and delivered to your door via courier… We are taking orders now and all orders will be dispatched within 3 working days.

You can buy them now through eBay:
1 x 12 pack of Home made Romany creams – £5.40 + R2.90 for delivery. If you buy 2 or more packs you will save 5%…

This is an ideal way of showing the South African, or anyone else, that you are thinking of them. These are beautiful cookies made with chocolate and coconut, so don’t miss out. If you want to place an order please contact me via our blog or visit eBay. You can also contact me via facebook….

Looking forward to your orders and speaking soon 🙂

Aartappelkoekies

Aartappelkoekies

Ek weet ek het al voorheen hierdie resep met julle gedeel, maar jy kan nie te veel daarvan eet nie. Ek het besluit om hierdie resep weer te deel omdat ek dit bietjie aangepas het oor die laasste jare. Die geheim is om bestandele te gebruik waarvan jou familie baie hou.

Bestandele:
4 aartappels (gekoop en fyn gedruk)
‘n Knippie sout
‘n Knippie gerookte paprika, gee ‘n heerlike geur
Teelepel fyn gerasperde ui
Groot hand vol gerasperde kaas (cheddar, mozzarella, of dalk bloukaas)
Gesnyde salami of gebraaide spek in stukkies gesny
1 eier
1 eetlepel meel (nie te veel nie)

Meng al die bestandele baie goed saam. Die beslag sal soos kapokaartappel lyk, nie te slap nie. Gebruik ‘n eetlepel om lepelsvol in die pan te sit. My pan vat 4 koekies gemaklik. Ek gebruik glad nie olie om in te braai nie, sommer net my “non stick” pan. Dit werk heerlik.

Aartappelkoekies in ‘n pan

Los hulle in die pan aan een kant vir ‘n paar minute. Wanneer die koekie los is, draai dit om en braai bruin aan die ander kant. Hulle sal heerlik bruin gebraai wees. Bedien warm op.

Gebakte aartappelkoekies

Probeer gerus hierdie heerlike koekies en laat ons weet hoe dit gegaan het. Het jou familie daarvan gehou en wat is julle gunsteling bestandele?

Kolwyntjies

Hierdie mengsel kan gebruik word om een groot koek te bak en kan versier word met botterversiering en “hundreds and thousands”. Dieselfde mengsel kan ook gebruik word om individuele “cup cakes” mee te bak.

Bestandele:
1 koppie botter/margarine
1 ½ koppies suiker
1 koppie mielieblom (maizina)
1 koppie melk
4 eiers
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
‘n Knippie sout
1 teelepel vanilla geursel
1 teelepel gerasperde lemoenskil

Metode:
1. Room die botter en suiker saam.
2. Meng die mielieblom met ‘n ½ koppie melk en voeg by.
3. Klits die eiers baie goed en voeg by die mengsel.
4. Sif die droë bestandele saam en voeg om die beurt met die res van die melk by.
5. Voeg vanilla en lemoenskil laaste by. Meng goed en gooi in ‘n ronde of vierkantige
pan.
6. Bak in ‘n voor-verhitte oond teen 180°C vir omtrent 50 minute tot ligbruin.




Indien jy kolwyntjies bak kan die bak tyd aangepas word. Behoort nie langer as so 20 minute te bak nie. Versier sommer met enige kleur versiersuiker 🙂

As jy in Vereeniging Suid-Africa bly en jy wil eerder kolwyntjies koop, besoek gerus ons Ouma’s Cookies webblad…

South African Banana bread

Piesangbrood

Piesangbrood is so ‘n lekker Suid-Afrikaanse resep en is baie maklik en vinnig om voor te berei. Dit bak vir ‘n uur, maar die reuke wat uit die kombuis kom terwyl dit bak is tog te heerlik… Hier is die resep…

Bestandele
½ koppie botter
1 koppie suiker
1 teelepel vanilla geursel
2 eiers
2 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
‘n Knippie sout
5 klein piesangs

Metode
1. Room die botter en suiker saam. Voeg die vanilla hierby.
2. Meng die eiers een vir een by.
3. Sif die droë bestandele saam en voeg by.
4. Druk die piesangs fyn en voeg laaste by.
5. Bak vir 1 uur in voor-verhitte oond teen 180°C.

Banana bread cooling down in pan

Wanneer die brood uit die oond kom moet jy dit vir ‘n paar minute in die pan laat rus en dit dan op ‘n afkoelrak laat afkoel. Sny die brood terwyl dit nog ‘n bietjie warm is. As jy dan die botter opsmeer dan smelt dit nog so effens en dit maak die brood nog lekkerder.

Jy kan die resep baie maklik Gluten Vry maak deur die meel en bakpoeier te vervang met gluten vrye produkte. Onthou ook om ‘n kwart teelepeltjie xantham gum by te voeg om dit te laat bind. Hierdie piesangbrood wat ek gister gebak het is Gluten Vry.

South African Banana Bread




Warm Cheese puffs

Kaaspoffertjies

Kaaspoffertjies is die oulikste naam… klink so lekker vars en fluffy. Kaaspoffertjies is ‘n groot gunsteling onder kinders en volwassenes. Hierdie resep is baie eenvoudig om voor te berei. Laat die kinders jou help, hulle sal dit vreeslik baie geniet.

Hierdie resep kan baie maklik gluten vry gemaak word.

Bestandele:
1 koppie meel (gebruik gluten vrye meel. Meng chick pea, wit rysmeel en tapioca meel saam)
2 teelepel bakpoeier (gluten vry)
1 koppie gerasperde kaas
1 eier, opgevul met melk in ‘n koppie (250ml)

Metode:
1. Sif all die droeë bestandele saam.
2. Voeg die gerasperde kaas hierby.
3. Meng die eier en die melk saam en voeg by.
4. Skep lepelsvol in ‘n klein muffin pannetjie (die kleintjies)- patty tins.
5. Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180 grade celcius vir tussen 15 en 20 minute.




Bedien die kaaspoffertjies met botter en kaas, marmite of appelkooskonfyt. My gunsteling is ‘n teelepel vol room.

Hierdie is ‘n ligte ete wat almal sal geniet, enige tyd van die dag. My ma het altyd die resep vir ons bemaak, nou maak ek dit vir my gesin. Probeer dit gerus.

As jy graag my resepteboek wil koop, kliek hierdie link… Dit sal jou na my e-book toe vat.

As jy belangstel in my sagteband boek, gaan besoek gerus Amazon.

Traditional South African Bobotie

Bobotie resep

Bobotie is een van die trotste en oudste resepte in Suid-Afrika. Hierdie wonderlike resep is geïnspereer deur die Maleise slawe en hulle wonderlike speserye en geure.

Bestandele:
2 groot uie
2 eetlepels botter
1 dik sny wit brood
1 koppie melk
1 kg gemaalde beesvleis
2 ½ eetlepels sterk kerriepoeier
1 teelepel borrie
2 eetlepels appelkooskonfyt
2 amandels in kwarte gesny
¼ koppie suurlemoensap (of asyn)
2 teelepels sout
½ teelepel wit peper
¼ koppie pitlose rosyntjies
1 groen appel, gerasper
10 gedroogde appelkose, geweek en gesny (of appelkooskonfyt)
4 suurlemoenblare of gedroogde “bay leaves”
2 eiers

Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180°C. Braai die uie in botter.
2. Week die brood in die helfte van die melk en druk fyn met ‘n vurk.
3. Meng die vleis saam met die res van die bestandele (behalwe vir die eier, die res van die melk en die “bay leaves”)
4. Skep die mengsel in ‘n oondvaste pan en druk die blare bo-op.
5. Bak in die oond vir omtrent 40 minute.
5. Klits die eiers en die melk saam en gooi bo-oor die mengsel. Lig die vleis effens sodat die eier effens in die bobotie kan inloop.
6. Bak tot bruin bo-op vir ‘n verdere 15 – 20 minute.

Bedien:
Bedien die bobotie met geelrys en rosyntjies. Aartappelslaai gaan ook heerlik hiermee saam.

A bag of mixed cookies

Roly Poly poeding

Hierdie is seker die vinnigste en maklikste gebakte poeding resep wat ek ken. Al wat jy nodig het om te doen is om die poeding voor te berei en in die oond te sit terwyl jy jou hoofgereg bedien. Teen die tyd wat julle klaar geëet het is die poeding lekker warm en net gereed om bedien te word…

Hierd in Suid-Afrika bedien ons als met appelkooskonfyt, so natuurlik is dit nodig vir die poeding ook…. As jy in Engeland is, gebruik gerus arbeikonfyt. As ek egter ‘n voorstel kan maak, probeer die appelkooskonfyt, dit is ‘n wenner.

Bestandele vir poeding:
1 koppie meel
2 teelepels bakpoeier
1 eier
A knippie sout
2 eetlepels botter

Bestandele vir stroop:
2 koppies water
1 koppie suiker

Metode:
1. Vryf die botter, meel, bakpoeier en sout met jou vingerpunte saam.
2. Klits die eier en meng met ‘n bietjie melk. Voeg by bogenoemde mengsel.
3. Rol die deeg uit en smeer appelkooskonfyt bo-oor.
4. Kook die bestandele vir die stroop saam en gooi in die houer waar jy die poeding in gaan bak.
5. Rol die deeg op en sit in die kokende stroop.
6. Bak die poeding in ‘n voorverhitte oond teen 180 grade celcius vir 25 minute.

Bedien die Roly Poly warm wanneer dit uit die oond uitkom met vla of roomys. Ek verkies my vla altyd yskoud, so ek bêre dit in die yskas. Jy kan die vla warm ook bedien as jy dit so verkies. Geniet!

1 2 3