Recipes – Page 7 – Recipes from South Africa

Category Archives for Recipes

gluten free burger

Pannekoek

Sooswat ek hierso sit en op my rekenaar tik, kan ek die reën daar buite hoor val. Dit is nie baie hard nie, maar val liggies op die aarde neer, net hard genoeg om te hoor.

Pannekoekweer vir die in Suid-Afrika. Ek het gister vir ons heerlike pannekoek gebak toe dit begin reën het, so dinge het goed uitgewerk. Ons het eers twee sout pannekoeke gehad met tuna en mayo sowel as ham en kaas. Daarna het ons kaneelsuiker pannekoeke gehad, presies soos dit BEHOORT geniet te word.

Elke keer as ek pannekoek eet dink ek aan ons lieflike kerkbasaars. Almal het altyd pannekoek gebak en dosyne op ‘n slag gekoop. Onthou julle dit ook?

Ek wil graag met julle ‘n eenvoudige pannekoekresep deel. Bak sommer terwyl dit reën en geniet so tussendeur:

Bestanddele:
5 koppies koue water
1/4 koppie olie (nie te veel nie) – help net dat die deeg nie vassit nie
3 eetlepels asyn
6 eiers
3 koppies meel
3 teelepels bakpoeier
1/2 teelepel sout

Metode:
1. Klits al die vloeistowwe saam.
2. Sif die droë bestandele saam en voeg bietjie vir bietjie by.
3. Klits baie goed.
4. Bak die eerste pannekoek in ‘n bietjie olie.
5. Sprinkel met kaneelsuiker, rol op, en geniet!

Probeer gerus die resep om jou van binne-af sommer lekker warm te laat voel. Hierdie resep is vir ‘n groot hoeveelheid, so indien jy nie so baie wil bak nie, halveer net die bestanddele.

Eet en geniet!

1 5 6 7