Vitamienes – Recipes from South Africa
dom pedro dessert, South African

Vitamienes

Vitamienes en minerale speel ‘n ongelooflik belangrike rol in ons alledaagse lewens en dit is noodsaaklik om ‘n gebalanseerde dieët te volg. Vitamienes is ‘n natuurlike bron wat aangetref word in alle diere en plante. Hierdie vitamienes word in twee groepe ingedeel naamlik wateroplosbaar en vetoplosbaar.

Wateroplosbare vitamienes word maklik in jou liggaam opgeneem en geabsorbeer en word nie te lank gestoor nie. Die akstra wateroplosbare vitamienes wat jou liggaam nie nodig het nie, word elke dag deur jou niere afgeskei en verlaat jou liggaam deur uriene. Om hierdie rede moet jy al hierdie vitamienes daagliks inneem.

Wateroplosbare vitamienes bestaan uit die volgende:

Vitamiene B1 (tiamien): Hierdie vitamien help jou liggaam om koolidrate te verbrand wanneer energie benodig word.
Bronne: Beesvleis, vark, lewer en volgraankosse.

Vitamiene B2 (ribovlafien): Help jou liggaam om protiëne, koolidrate en vette te prosesseer. Hierdie vitamien is help ook om jou vel gesond te hou.
Bronne: Beesvleis, vark, lewer, kaas, eiers, melk, neute en volgraankosse.

Vitamiene B3 (niasien): Prosesseer vette en protiëne en bou ‘n gesonde senuweestelsel.
Bronne: Lewer, kalkoen, vis, boontjies, neute en volgraanprodukte.

Vitamiene B5: Help met die produsering van rooibloedselle.
Bronne: Orgaan vleise, hoender, melk, eiers, neute, boontjies, ertjies, en graanontbyt.

Vitamiene B6: Help jou liggaam om protiëne en vette te verbruik sowel as om suurstof in jou bloed deur jou liggaam te vervoer.
Bronne: Vark, beesvleis, hoender, vis, orgaan vleise, eiers, neute, piesangs, wortels en graanontbyt.

Vitamiene B7 (Biotien): Help met die groei van selle, vorming van rooibloedselle, stabileseer bloedsuiker vlakke en vorm sterk hare, vel en naels.
Bronne: Eiergeel, lewer, niertjies, oats, neute melk, boontjies, ertjies, neute en tamatie.

Vitamiene B9 (“folic acid”): Help jou liggaam om nuwe selle te vervaardige. Dit help ook by swanger vrouens met die vorming van jou ongebore baba.
Bronne: Donker groen groentes, boontjies, ertjies, lemoene en graanprodukte.

Vitamiene B12: Handhaaf ‘n gesonde senuweestelsel en help om genetiese materiaal te vervaardig.
Bronne: Lewer, sardientjies, eiers, melk en bloukaas,

Vitamiene C: Tree op as adti-oksedant, help met die vorming van bene en die handhawing van jou immuunsisteem.
Bronne: Groen soetrissie, spinasie, sitrus vrugte, tamaties, aartappels en arbeie.

Vetoplosbare vitamienes word nie so maklik deur jou liggaam geabsorbeer nie. Jou liggaam benodig sekere ander vitamienes om dit te absorbeer en word dan in jou liggaamsvet gestoor. Wanneer jy die vitamienes benodig, gebruik jou liggaam dit wat reeds gestoor is in jou vet. Jy het nie nodig om hierdie vitamienes elke dag in te neem nie.

Vetoplosbare vitamienes bestaan uit die volgende:

Vitamiene A: Help met jou visie, handhaaf ‘n gesonde vel en immuunsisteem, helstel beskadigde weefsels en tree op as anti-oksidant vir jou liggaam.
Bronne: Lewer, vis, suiwelprodukte, eiergeel, wortels, patats, tamaties en volgraan produkte.

Vitamiene D: Vitamiene D is nodig om kalsium en fosfor in die liggaam te absorbeer en beskerm jou liggaam teen beensiektes.
Bronne: Soutwater vis, melkprodukte, graanprodukte en sonlig.

Vitamiene E: Dien as Antioksedant vir jou liggaam, help jou bloed vloei en bou ‘n sterk immuunsisteem.
Bronne: Vis melk, eiergeel, groente-olies, vrugte, boontjies, ertjies, spinasie en “broccoli”.

Vitamiene K: Help met die vorming van bene en verhoed dat jou bloed klonte maak.
Bronne: Kaas, spinasie, “broccoli”, kool, tamaties en margerine.

 

About the Author Lizel Salter

I was born in Vanderbijlpark, South Africa and grew up in Vereeniging. The first time I left home was in 2002 to go to England on a working holiday. Met my husband halfway around the world, got married in South Africa and now have 2 beautiful children. One boy and one girl... Started writing down recipes I grew up with when I was living in England and love sharing them with others. Buy my downloadable book and keep all the recipes together! https://recipesfromsouthafrica.com/download-book-in-english/