Springbokke – Recipes from South Africa
my kiddies

Springbokke

Die Springbokke is nie verniet na ons nasionale dier vernoem nie. Hulle het sommer baie in gemeen en glo my, nie een gee sommer te maklik tou op nie.

Die Springbok is ‘n klein bruin bokkie met ‘n wit pens en is omtrent 80cm hoog. Die gemiddelde mannetjie weeg so 50kg terwyl die wyfie omtrent 38kg weeg. Hulle spring tog te lekker as hulle pronk, maar ook wanneer hulle gejaag word en in gevaar verkeer. Deur te pronk wys hulle hoe fiks en sterk hulle is en dieselfde geld ook vir ons Nasionale Springbokspan! Wanneer hulle voel dat hulle in “gevaar” verkeer dan laat spat hulle!

Wanneer die Springbok weghardloop vir hulle vyande (byvoorbeeld die leeu), kan hulle ‘n spoed van tot 80km per uur bereik. Hierdie bokkies is nie net ongelooflik vinnig en pragtig nie, maar hulle is ook baie trots en fiks.

Ek dink dit is sekerlik die rede waarom ons Springbokspan na hulle vernoem is. Hierdie wonderlike span van ons het ons ongelooflike trots laat ervaar in 1995 toe ons teen Nieu-Seeland in die finaal van die wereldbeker rugby gewen het. Ons land het bankvas agter ons span gestaan en ons almal het gedeel in die ongelooflike gevoel van trots.

Dieselfde het gebeur in 2007 toe ons die beker gewen het deur deursettingsvermoë en die wete dat die hele land agter hulle gestaan het.

Ons vir jou Suid-Afrika, mag God ons pragtige land seen.

 

About the Author Lizel Salter

I was born in Vanderbijlpark, South Africa and grew up in Vereeniging. The first time I left home was in 2002 to go to England on a working holiday. Met my husband halfway around the world, got married in South Africa and now have 2 beautiful children. One boy and one girl... Started writing down recipes I grew up with when I was living in England and love sharing them with others. Buy my downloadable book and keep all the recipes together! https://recipesfromsouthafrica.com/download-book-in-english/