Brandewynpoeding – Recipes from South Africa
gluten free burger

Brandewynpoeding

Hierdie lieflike resep is meer as 350 jaar oud! ‘n Heerlike gunsteling van die Kaap waar die eerste brandewyn van Kaapse druiwe gedistilleer is in 1672! Ons het ‘n lang pad gestap sedertdien, maar die Kaapse Brandewynpoeding is nog steeds ‘n ou gunsteling 🙂

Bestanddele
250 g ontpitte dadels in die helfte gesny
1 teelepel koeksoda
1 koppie kookwater
1/2 koppie botter/margarine
1/2 koppie suiker
2 eiers, geklits
2 koppies meel
1 teelepel bakpoeier
1/2 teelepel sout
1 koppie fyn okkerneute

Metode
1.Sny die dadels en week die helfte hiervan in die kookwater en koeksoda. Roer en laat staan of af te koel.
2. Room die botter en suiker saam en voeg die geklitste eiers by. Meng baie goed.
3. Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
4. Voeg die res van die dadels en die okkerneute hierby, en daarna ook die dadelmengsel met die water. Meng goed.
5. Skep die beslag in ‘n vuurvaste bakskottel en bak in ‘n voor-verhitte oond van 180 grade celcius vir 30 – 40 minute.
6. Verwyder uit die oond en gooi die warm sous oor die warm poeding.

Stroop
1 koppie suiker
1 eetlepel botter
1/2 koppie water
1 teelepel vanilla geursel
1/2 koppie brandewyn

1. Kook die suiker, botter en water vir omtrent 5 minute saam.
2. Verwyder van die stoof en voeg die vanilla en brandewyn hierby. Meng goed.
3. Giet die sous warm oor die poeding en bedien met styfgeklopte room of roomys!

Niks smaak lekkerder op ‘n koue aand nie. Geniet die resep en kom besoek Afrikaanse resepte gerus weer. Ek sal nuwe resepte elke maand byvoeg, en indien jy enige versoeke het, stuur ‘n boodskap en ek sal kyk wat ek kan doen.

About the Author Lizel Salter

I was born in Vanderbijlpark, South Africa and grew up in Vereeniging. The first time I left home was in 2002 to go to England on a working holiday. Met my husband halfway around the world, got married in South Africa and now have 2 beautiful children. One boy and one girl... Started writing down recipes I grew up with when I was living in England and love sharing them with others. Buy my downloadable book and keep all the recipes together! https://recipesfromsouthafrica.com/download-book-in-english/