Sondagaand

Sun, Feb 8, 2009

1 Comment

Ek sit en luister na oopgesprek op RSG.  Die gesprek handel oor tatoos en of dit reg is.  Persoonlik dink ek dit is vieslik.  Dit is natuurlik ‘n persoonlik keuse, maar ek wens mense wil meer daaroor dink voordat hulle so iets doen. 

Dit lyk nie mooi nie, en volgens my geloof is dit verkeerd.  As jou liggaam God se tempel is dan het jy mos nie die reg om dinge op jou liggaam in te brand nie?  Dit is natuurlik net my opinie.  Wat dink julle?

Continue reading...

Groot nuus

Sun, Feb 1, 2009

0 Comments

Hi julle almal.  Ek en my wonderlike man het goeie nuus ontvang van die dokter.  Ons is swanger met ons eerste babatjie!  Dit is baie opwindend.  Ongelukkig voel ek nie op die oomblik te wonderlik nie, maar ons is baie dankbaar vir hierdie wonderlike gebeurtenis gestuur van ons wonderlike Hemelse Vader. 

Ek sal julle op hoogte hou van sake! 

Groete vir eers en geniet gerus die res van die naweek (natuurlik net die aand) wat nog voorle.

Continue reading...

Eiers en wat daarmee gepaard gaan

Mon, Jan 26, 2009

5 Comments

Hierdie artikel is ‘n wonderlike bydrae deur Deon.  ‘n Lieflike snaakse storie wat ek graag met julle wou deel.  Ek sal van tyd tot tyd snaakse stories publiseer onder hierdie opskrif.  Geniet!

================ 

So bevind ek my voor die eierrak by Pick n Pay. Ek is op die punt om sommer ʼn dosyn Jumbos te gryp soos ek maar altyd maak, toe ʼn dame my op die skouer klop en vra “het jy miskien ʼn idee wat die verskil is tussen al die eiers?” Ek kan sommer sien sy dink, “jy is mos ʼn man, met eiers, so jy behoort te weet!” Ek kyk toe vir die eerste keer mooi, en ek is verstom, want daar is ʼn warboel verskillende eiers. Daar is geen inligtings pamflet naby nie en geen verduidelikings op enige van die boksies nie! Weet vrouens dan nou sommer instinktief al die goed, wonder ek?

Dus is mens genoodsaak om maar self hond haaraf te maak, of in die geval eier dopaf…
Large: die hoender kan loop waar sy wil, op hok sit as sy wil, eet wat sy wil solank haar O-ring (soos Gamos dit noem) net ʼn Large kan druk, sy hoef nie ʼn ingeboude stempel te hê wat terselfde tyd op die eier stempel “LARGE” nie, dis net vir Woolies hoenders ʼn voorvereiste.
X-large: soos bo maar natuurlik die, nog groter O-ring!

Jumbo: ook soos bo, maar sy moes spesialis behandeling kry, sy is dus ge-convert, geboor en gepas met ʼn wille banana-branch uitlaatpyp, met ʼn vlekvrye staal O-ring!

All grain: die hoender kan eet wat sy wil solank dit graan is, dag en nag, graan, graan, graan! Sy kan los rondskrop of gehok sit, sy moet net onderneem om graan te eet, ek wonder of sy ʼn kontrak moes teken? Haar O-ring kan enige grote wees en sy kan van enige land afkomstig wees, anders as ons volgende kandidaat!

Indigenous free range: Sy kan wit, swart of bruin wees, solank sy net ʼn plaaslike inwoner is, sy moet ten alle tye haar groen ID boekie by haar dra. Sy kan ʼn O-ring van enige grote hê, maar sy moet van die buitelewe en kamp hou want sy mag net “Free range”. Ek verstaan nie hoekom sy nie op hok mag sit nie, seker maar omdat sy ʼn plaaslike inwoner is, “born and bred”, sy is dus gewoond aan leë beloftes en sinkplaat huise wat lek, so sy verkies dit eintlik buite!

Omega-3: O My Ek Gaan met 3 steroides “verryk” word. Sy is ook die onderdaan van haan 007. Omega-1 en Omega-2 moes natuurlik hulle lewens skenk vir die “saak”!

Free range: Sy moet van die buitelewe hou, maar sy kan van enige land afkomstig wees, sy hoef nie eers haar paspoort (pasboek soos in die ou dae) by haar te hou nie, want sy gaan noodgedwonge een mooi dag selle toe, daar waar niemand nog vanaf terug gekeer het nie, amper iets soos Robin eiland! As die S.A.P. haar nie vang sal die boer of miskien selfs Agent Omega-3!

Canola: Sy is die hoender wat van looitjie getik is, al die ander hoenders op die werf skinder van haar, want waar het jy nou al gehoor van ʼn hoender wat blomme eet, net blomme, dag in dag uit, NET blomme! Haar O-ring en voorkeur vir gehok of los hotnot buite rondloop maak glad nie saak nie.
Organic: Sy is baie gaaf, sy is ook ʼn orgaanskenker. Sy eet baie gesond, sommer ʼn bietjie van alles graan, blomme, en selfs, ja glo dit of nie wurmpies, soos dit ʼn regte hoender betaam!

Pasteurised: Sy is familie van die wetenskaplike Pasteur, sy is baie slim en het die name van al die bogenoemde eiers uitgedink!

So daar het jy dit die Alfa en Omega van eier wees! Is ek spyt ek het al die onnodige inligting geleer, nee, ek is wel spyt ek het nie die mooi girl genooi vir koffie nie, die een wat my op die skouer geklop het, en my aandag gevestig het op die eier saga, miskien ook maar beter, nou nou was sy ʼn Omega-3 agent!

Continue reading...

Nuwe Jaar

Mon, Jan 19, 2009

2 Comments

Ja ek weet dit is alweer amper die einde van die eerste maand van die nuwe jaar en ek skryf NOU eers, maar hierdie jaar sover was baie besig.  Ek kan nie glo hoe baie daar is om te doen nie.  Saam met dit alles, is daar ook ‘n hele spul verjaarsdae hierdie maand.

My sussie se verloofde het die 2de verjaar, baie geluk, my middel nefie het die 12de verjaar en vandag is my oudste neef en my Oom se verjaarsdag.  Ek het vir julle almal geskryf, maar wil maar net weereens vir julle almal baie geluk wens met julle verjaarsdae.  Geniet ‘n wonderlik, besige 2009 en mag al julle drome hierdie jaar waar word…

Ek is besig om rond te kyk vir lekker resepte, so ek sal binnekort weer met julle deel.  Laat weet as daar enige voorstelle of versoeke is.  Dalk kan ek vir julle die resep opspoor…

Continue reading...

Voorspoedige 2009!

Wed, Dec 31, 2008

0 Comments

Ek hoop julle almal het ‘n wonderlike Geseende Kersfees gehad en mag 2009 vir julle net voorspoed bring.  Mag al julle drome waar word in die jaar wat voorle en kan nie wag om julle almal weer in SA te sien nie!

My sussie trou in Oktober so ons sien julle almal beslis.

Lief vir julle almal, ma, sussie, boetie, skoonsus en baba (as hy nog ‘n baba genoem kan word :)

Lekker kuier en geniet die ou-jaar vieringe.

Continue reading...

Kersfees

Wed, Dec 24, 2008

0 Comments

Ek weet Kersfees beteken vir baie mense, verskillende dinge.  Vir my is dit ‘n tyd van saam wees met familie en vriende, ‘n tyd om stil te raak en te dink waarom Kersfees eerstens ontstaan het.

Vir my is Kersfees ‘n wonderlike herdenking van Jesus Christus se geboorte, die dag wat God ons so wonderlik geseen het met Sy liefde.  Op hierdie dag het God Sy enig gebore Seun gestuur om vir al ons sondes te betaal, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal he. 

Onthou dit vir altyd, en gee aan ander met dieselfde gemoed.  Nie om jou kinders te koop en so duur as moontlik geskenke te gee nie, maar om hulle van kleins af te leer dat daar belangriker dinge op aarde is as geld en geskenke.  Maak hulle harte oop om te gee aan ander wat minder het as hulself…

Onthou, liefde is die grootste geskenk wat jy kan gee en ontvang…

‘n Baie geseende Kersfees aan julle almal en ‘n voorspoedige nuwe jaar…

Continue reading...

Christmas Pudding

Sat, Dec 13, 2008

0 Comments

I know you all are probably looking for Christmas recipes, so I will share the recipe for Brandy pudding with you.  This is probably not the same pudding you would class as a traditional English Christmas pudding, but I am South African after all!!

I do not love Christmas puddings myself, but this one is nice. I prefer a lovely dark chocolate pudding, but check out the Brandy pudding by clicking the link.

Thanks and enjoy!!!

Continue reading...

“Handtertjie” recipe

Thu, Dec 11, 2008

4 Comments

Yesterday a lady called Retha asked if I have a recipe for handtertjies.  I do, and it is one of my favourites! 

Here is the recipe, and remember to use apricot jam!  If you are in England, I know, you all love strawberry jam, and it will work just as well.  Choose the one you prefer and off you go…

Ingredients:
1/2 lb butter (margarine is also fine, but the butter gives it a nicer taste)
2 cups of flour
1 teaspoon of cream of tartar
‘n pinch of salt
1/2 cup of ice cold water (just enough to bind)

Method:
1. Use you fingers to rub the butter in with the flour, salt and cream of tartar. (It is easier to freeze the butter and grate it in!)
2. Mix the water and fold in with a knife..
3. Bind the dough, cover with a cold wet cloth and leave in the refridgerator for about 30 minutes.
4. Roll out the dough and use a round shaped cookie cutter.  Place one or 1/2 teaspoon of jam in the middle and fold over, making a half moon.
5. Press around the outside with a fork.
6. Smeer milk on the top and bake in a pre-heated oven at 200 degrees celsius for about 15 – 20 minutes, until light brown.

Eat and enjoy!
Let me know how it tastes :)  

Send me any ideas you have and recipes you might want.  Will do my best to try and get them if I do not know how to make it myself.

Continue reading...
Older Entries Newer Entries