Ek is nou op rustyd…

Sun, Aug 2, 2009

0 Comments

Wel, sover so goed.  God het ons wonderlik geseen en met ons swangerskap gaan dit sover BAIE goed.  Ons is tog so dankbaar…

Ek het Vrydag my laaste dag by die werk gehad.  Nou is ek op vakansie vir 4 weke, my jaarlikse verlof en daarna is ek op kraamverlof.  Ons gaan hierdie volgende 4 weke moet gebruik om alles gereed te kry.  My ma het die pragtigste ou goedjies gestuur vir ons kleinding…

Ons sal die volgende paar weke gebruik om die kotbed gereed te kry en ek sal moet besluit wat alles nodig gaan wees, soos poeiertjies en roompies en so aan.  Ek weet regtig niks nie, maar ek is seker ons sal leer soos ons voortgaan. 

Ons is baie opgewonde alhoewel ook ‘n bietjie skrikkerig.  Ek sal so bietjie meer gereeld vir julle almal skryf noudat ek by die huis is.

Continue reading...

Recipes From South Africa Gets a Video

Sun, Jul 5, 2009

0 Comments

Continue reading...

Oudtshoorn – Part 5

Sun, May 24, 2009

0 Comments

On Saturday we decided to drive around and see where we end up. We drove in the direction of George, stopped at the shops and bought some chocolates, drove around the town and then started driving along the N12 to Oudtshoorn.

Oudtshoorn is the ostrich capital of the world and no where else will you find feathers of the same high quality. There are over 400 ostrich farms where you can stop and visit. There are also many old buildings, churches and CJ Langenhoven’s house to visit. This provide us a little glimpse into life as it was once lived in the Klein Karoo. Many of these old buildings also showcase a great example of traditional architecture.

Doesn’t matter which way you drive in order to get to Oudtshoorn, you have to cross a mountain of some sort and this provides you with the perfect opportunity to admire the fantastic views offered to you…

 

View over the muntains

While in Oudtshoorn, you should also visit the Cango Cave. This is the oldest and most popular attraction, a natural wonder. Experience the spectacular limestone caves and enjoy an ostrich steak on your way out at the wonderful restaurant.

There are many things to keep you busy with in Oudtshoorn. We loved it!

Continue reading...

Cup Cakes

Sat, May 9, 2009

7 Comments

Wie van julle hou van cup cakes?  Ek onthou nog toe ons klein was het my ma vir ons cup cakes gebak met hundreds and thousands bo-op en dalk ook ‘n pragtige silwer balletjie.  Die versiersuiker was sommer ‘n lekker pienk of ‘n heerlike sjokolade…

Ek was nou die aand so lus vir cup cakes gewees, toe besluit ek om so bietjie te bak.  Ek het net die helfte van die beslag gebruik oor ek nie dink net die twee van ons kan 40 cup cakes eet voor hulle begin hard word nie!!!  Dit was wonderlike pret gewees om dit te bak.

Die resep is eenvoudig!  Volg net ‘n resep vir ‘n gewone wit sponskoek en siedaar!  Versier met die kleur versiersuiker waarvoor jy lus is en rasper heerlik donker sjokolade bo-op en siedaar… ‘n wonderlike cup cake wat heerlik smaak.  Hier is ‘n vinnige resep as jy nie een het nie (hierdie is net die helfte van die oorspronklike resep):

Bestandele:
1 1/2 k suiker
1/2 k botter
1/2 k maizina (mielieblom)
1/2 k melk
2 eiers
1 t gerasperde lemoenskil
1 k meelblom
1 t bakpoeier
knippie sout

Metode:
1.  Room die botter en suiker saam.
2.  Meng die maizina met die helfte van die melk en voeg by.  Meng goed.
3.  Klits die eiers en voeg by.
4.  Sif die droee bestandele saam en meng om die beurt met die melk.
5.  Skep lepelsvol in die cup cake houertjies en bak vir omtrent 20 minute in ‘n voor-verhitte oond teen 180 Grade Celcius.

Lat afkoel en versier met botterversiering van jou keuse.  As jy die versiersuiker wil kleur, gooi net ‘n druppeltjie of twee voedselkleursel hierby.  Geniet!

Continue reading...

Rheebok – part 4

Sat, Mar 14, 2009

0 Comments

Aloe Eden
Aloe Eden

The next morning we got up early, had a lovely filling breakfast (included in the price) and packed our bags. Not knowing where we would be sleeping that night, we drove from Wilderness all the way to Mosselbay, passing Great and Little Brak River as well as Hartenbos on the way. Once we got there, we looked everywhere for somewhere to stay. Most of the places were full (in the winter!) and the rest were very expensive.

Just before it started getting dark, we discovered a little place in a book advertising accommodation we picked up at one of the stops we made. Aloe Eden… It sounded like heaven and we investigated further. I phoned up and the Tannie said they had space available for us at a great price and off we went.

In Rheebok, nestled between Little Brak River and Hartenbos, we finally came home. It is a lovely self-catering flat on the ground floor, looking out over the sea. Sitting in the lounge you could see the sea, close enough to touch… We were ecstatic about this great discovery and paid for the rest of the week.

Rheebok is not a place you would see from the highway. It is off the main road and hidden away like a gem. Very quiet, relaxing but beautiful. It is protected from the strong winds and the sunshine is beautiful.

At least we could relax now and look forward to the rest of our stay…

 

 

 

Continue reading...

Nachos met kaas

Sun, Mar 1, 2009

1 Comment

Goeiemiddag almal van julle.  Ek is besig om te werk aan my volgende artikel in verband met waar ons gekuier het toe ons in Suid-Afrika was verlede jaar.  Ek is nog nie heeltemal klaar nie, maar sal nie meer te lank duur nie. 

Verder gaan dit baie goed hierso, geen klagtes nie!  Het vanmiddag nacho chips gekoop en gaan later vir ons daarvan maak.  Sit ‘n halwe pak in ‘n bord, sprinkel met lekker burger sous van Steers (enige chutney of sous van jou keuse sal doen, of salsa), sprinkel dan met gerasperde kaas en bak in die oond vir so 10 minute, net genoeg om die kaas lekker te smelt.

Bedien met heerlike gemashde avokado en suurroom.  Ek het die bestandele vanmiddag gaan koop en gaan dit defnitief maak vir later vanaand, miskien as ons ‘n lekker fliek kyk.

Lekker aand vir julle en geniet die res van die kort naweek.

Continue reading...
Older Entries Newer Entries