Bak en Brou – Recipes from South Africa
my kiddies

Bak en Brou

Hoeveel van julle geniet ‘n lekker gebak-en brou in die kombuis? Ek is beslis een van hulle! Hoe meer ek kan bak hoe gelukkiger is ek. Vir my is daar geen lekkerder gevoel as wanneer jy vir iemand iets voorsit wat hulle vreeslik baie geniet nie.

My man is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Hy hou van koekies en nagereg, maar veral ook van hoofgeregte soos Hoender Bobotie en ‘n lekker Hoenderpastei. Wat van roomaartappels en ‘n heerlik Dom Pedro vir nagereg?

As ek vir julle raad kan gee moet julle nie bekommerd wees as jou kombuis BAIE deurmekaar is na ‘n gebak nie. ‘n Lekker bak en brou sessie in kombuis word gekenmerk deur ‘n hele deurmekaarspul! (of ten minste in ons huis).

Panne en borde kan orals gesien word. Wanneer die koekies of koek of wat ook al dit is wat jy bak eers in die oond is, dan is dit tyd vir die groot opruim.

Onthou, as jy jouself te veel bekommer oor die netheid van die kombuis terwyl jy bak-en brou, dan gaan die hele ondervinding hiervan heeltemal verlore. Jy is so bekommerd oor dinge wat niks te doen het met die gebakkery nie, dat jy vergeet om dit werklik te geniet.

Bak eers, ruim dan op! Dit is hoe ek persoonlik dit sien. As julle hiervan verskil is dit ook wonderlik.

Geniet julle gebak-en brou in die kombuis saam met julle kinders. Hulle is net eenmaal klein en jonk. Leer hulle goed en oorhandig jou spesiale resepte aan hulle sodat hulle dit kan na-laat aan hulle nageslag. So word ons kookkuns en liefde vir ons resepte en voor-ouers lewendig gehou.

 

 

 

About the Author Lizel Salter

I was born in Vanderbijlpark, South Africa and grew up in Vereeniging. The first time I left home was in 2002 to go to England on a working holiday. Met my husband halfway around the world, got married in South Africa and now have 2 beautiful children. One boy and one girl... Started writing down recipes I grew up with when I was living in England and love sharing them with others. Buy my downloadable book and keep all the recipes together! https://recipesfromsouthafrica.com/download-book-in-english/