Afrikaanse musiek – Recipes from South Africa
my kiddies

Afrikaanse musiek

Afrikaanse musiek is altyd so lawend vir my siel. Dit maak my rustig, gelukkig… Ek sit en luister na Bobby van Jaarsveld se CD en dit is baie mooi. Ek het voor dit na Laurika Rauch geluister… Albei fantastiese sangers. Elke dag word daar net meer en meer musiek geskryf, gesing, opgeneem en die mense gaan luister na vertonings in hulle honderde duisende…. Jy sal nie glo hoe moeilik dit is om kaartjies te kry nie.

Dit kan net een ding beteken, mense het ‘n honger na Afrikaans, na Afrikaanse musiek, die gevoel van wil deelwees aan iets belangrik, iets wat saak maak, iets wat jou siel gelukkig maak. Kyk maar na Noot vir Noot. Is nou al amper 30 jaar aan die gang. Ek onthou nog die eerste episode toe ek nog self ‘n kind op skool was, ai hoe lekker… Nou is dit amper tyd vir my kinders om daarna te begin kyk. Selfs my liefste man kyk graag saam met my al verstaan hy nie Afrikaans nie. Die ondersteuning beteken vir my als.

Geniet die Afrikaanse musiek. Daar is soveel talent daarbuite. Ondersteun ons talent in ons land.

About the Author Lizel Salter

I was born in Vanderbijlpark, South Africa and grew up in Vereeniging. The first time I left home was in 2002 to go to England on a working holiday. Met my husband halfway around the world, got married in South Africa and now have 2 beautiful children. One boy and one girl... Started writing down recipes I grew up with when I was living in England and love sharing them with others. Buy my downloadable book and keep all the recipes together! https://recipesfromsouthafrica.com/download-book-in-english/