Sjoe, wat ‘n heerlike paar weke wat ons agter die rug het! My man het my mos verras met twee kaartjie na Suid-Afrika toe vir my verjaarsdag. Dit was ‘n heerlike paar weke gewees in die wonderlike Suid-Afrikaanse sonskyn! Dit was heerlik om weer die warm sonstrale op my vel te voel brand. Jy voel [...]
Continue reading...22. August 2006
Dit was seker een van die langste nagte ooit. Ons het op die vliegtuig geklim teen 7 uur die aand en het 8 ure later in Dubai geland, vroeg in die oggend! Ons het besluit om ontbyt te eet sodat ons kan wakker word. Na 5 ure se gewag op die lughawe kon ons uiteindelik [...]
Continue reading...21. August 2006
Kan jy nou glo dat die Maandag alweer die terugtog was. Ons is vroeg op, het oogarts toe gery om kontaklens oplossing te kry (wat baie goedkoper daar is as hier) en is weer in rekkord tyd terug om te pak. Met die pakkery het dit goed gegaan en my vriendin het ons teen 1:30 [...]
Continue reading...20. August 2006
Sondag was ‘n koue dag met ‘n heerlike sonskyn. Ons is na een van Johannesburg se voorstede toe om my jongste neef se verjaarsdag saam met hom te fier. Ons is genooi vir ‘n heerlike hoender potjie met lekker groente en aartappeltjies. Ons het ook broodrolletjies en noedelslaai gehad. Dit was ‘n heerlike dag gewees. [...]
Continue reading...19. August 2006
Saterdagoggend het ons vroeg-vroeg opgestaan en net soos elke ander dag ‘n heerlike warm bord mieliepap geniet! Daarna het my broer en sy vrou ons en my ma die nuwe onderdak inkopiesentrum gaan wys. Dit is groot en lieflik! Eetplekke, plekke om inkopies te doen, klere te koop, CS’s, videos en so aan en nog [...]
Continue reading...17. August 2006
Donderdag was ‘n koue dag na die koudste dag net een dag gelede, maar ons was heerlik gelukkig. Rustig het ons na my vriendin se besigheid toe gery en daar gaan kuier. Haar liefste ma het vir ons heerlike tuisgemaaakte koejawel vrugterolle gegee. Ai, dit is darem maar te lekker. Ons het ook rondgebel om [...]
Continue reading...16. August 2006
Woendsdag (2 Augustus 2006) was die koudste dag wat ek nog ervaar het in Suid-Afrika. Ons het sommer vroeg-vroeg al kapok gehad. Die eerste keer in baie jare. Dit het ook in Johannesburg gesneeu en so ook in die meeste dele van die land. Bloemfontein, Betlehem en die Kaap het die ergste derugeloop en klein [...]
Continue reading...15. August 2006
Die Dinsdag nadat ons geland het was heerlik. Eers het ons ‘n pizza gaan eet by Debonaires saam met my ma en suster, en daarna is ons fliek toe! Die pizzas was baie lekker. Ons het een bestel met kaas “dippers” en ‘n heerlike kaassous en die ander een het ‘n kaasworsie in die kors gehad. My [...]
Continue reading...
17. January 2007
0 Comments