Archive | Heerlike kos RSS feed for this section

SA Goodies!!!

1. June 2006

0 Comments

Ek is mal oor Suid-Afrikaanse kos, bestandele en lekkers!  Kan dit nie help nie.  EK dink ons het die wonderlikste, lekkerste kos in die heelal.  Ek weet nie hoe mense sonder hierdie bestandele deur die lewe kan gaan nie. Ek het besluit, vir die eerste keer vandat ek in Engeland is, om ‘n pak vol [...]

Continue reading...

Piesangbrood, ‘n gunsteling

31. May 2006

0 Comments

Die mielie plaatkoekies het toe heerlik gekom!  My man het sous daaroor gegooi, alhoewel ek nou nie so ‘n groot ondersteuner daarvan is dat al my kos in sous swem nie!  Ek het maar gegaan vir die lekker eenvoudige botter en stroop opsie. Maandag vra my man toe nou ook vir my of ek nie ook [...]

Continue reading...

Mielie plaatkoekies

29. May 2006

0 Comments

Ja, jy het reg gelees!  Ek gaan  mielie plaatkoekies bak.  Toe ek in Suid-Afrika was het ek dit soms gebak, maar ek het ‘n blikkie soetmielies gebruik.  Dit het meer vloeistof ingehad, maar hierdie keer gaan ek net gewone gevriesde mielies gebruik.  Weet nie of dit gaan werk nie, dalk sal ek maar net ‘n [...]

Continue reading...

Die aand van die VETKOEK

28. May 2006

0 Comments

Ja, einde ten laas het ek vanmiddag deeg geknie vir vetkoek.  Ongelukkig het ek nie genoeg gewone koekmeel oorgehad om die hele baksel aan te maak nie, maar ek het genoeg gehad vir die helfte.  Elke keer as ek vetkoek bak vertel ek myself dat ek dit nooit weer gaan doen nie.  Dit is darem [...]

Continue reading...

Saterdagoggend kook program

27. May 2006

0 Comments

Weereens is dit naweek.  Dit voel vir my of die dae baie vinnig verbygaan as ek so terugkyk oor die afgelope week.  Die probleem is dat die tyd stilstaan terwyl die week aan die gang is.  So ek kan nie kla nie… Maandag is ‘n publieke vakansiedag hier in Engeland, so ek het ‘n lekker [...]

Continue reading...

Koekies bak!

13. May 2006

0 Comments

Vandag is ‘n heeltamal ander dag as waaraan ons die afgelope paar dae gewoond geraak het.  Weg is die son en die lekker warm strale, terug is die koue en die motreën.  Die reën is nie ‘n probleem nie, mens moet nooit ondankbaar daarvoor wees nie.  So ek kla nie.  Kry net bietjie koud vandag. [...]

Continue reading...

Weer sulke tyd

12. May 2006

0 Comments

Vanaand het ek regtig nie veel om te deel nie, behalwe my gedagtes.  Weereens is nog ‘n week verby, kan jy dit nou glo.  Dit voel vir my of die dae en weke net vinniger en vinniger verby gaan.  Dit is ongelooflik.  Ons rus alweer en dit is weer tyd om die huis skoon te [...]

Continue reading...

Die eindresultaat? …pannekoek

8. May 2006

0 Comments

Nadat ek gister vir julle geskryf het, het ek besluit op pannekoek bak.  Hoekom?  Oor dit pannekoekweer was.  Lekker donker buitekant en so snoesig warm in die huis.  Dit was heerlik gewees.  Eers het ek ‘n hoender en mayo pannekoek gehad en daarna natuurlik my gewilde kaneelsuiker!  Dit is darem maar tradisie daardie jong.  Jy [...]

Continue reading...