Hierdie naweek gaan 'n besige een wees. Ek gaan 4 hoenderpasteie bak vir my vriende by die werk. Hulle is versot op my ma se lieflike resep en eet BAIE gereeld hiervan. Ek geniet dit vreeslik baie om sommer net te kook of selfs net te bak en te brou.
Continue reading...23. September 2007
Gewoonlik kook en bak ek, maar vandag het my liewe man besluit om een van sy gunstelinge te maak. Flap Jacks!  Ek is nie ‘n groot ondersteuner hiervan nie, maar ek het beslis daarvan probeer. Die rede waarom ek nie so baie daarvan hou nie, is oor daar so vreeslik baie botter in is. Baie ryk [...]
Continue reading...3. June 2007
Onthou julle nog hierdie gunsteling? Ek het al amper daarvan vergeet maar het verlede week besluit dit is hoogtyd dat ek dit weer bak. Ek het nie kolwytjiepannetjies in ons huis nie, so ek het besluit om die groter panne te gebruik. Dit werk net so goed. Jy kan die koekies so groot maak soos [...]
Continue reading...4. March 2007
Ek het toe die “cup cakes” gisteraand laat klaar versier gekry. Ek het besluit op ‘n versiersuiker waar jy die botter en die versiersuiker saam meng, eerder as die verskiersuiker en water. Die een met die water is tien teen een beter vir jou oor dit nie botter bevat nie, maar my man is liewer [...]
Continue reading...3. March 2007
Vandag was ‘n lekker dag, alhoewel dit baie winderig en bietjie koud was. Gelukkig was die sonnetjie darem meeste van die tyd uit, so die aarde het nogal lekker warm gebak. Ons is gou-gou in dorp toe gewees om ‘n nuwe ketel te gaan koop en het sommer ekstra goedjies ook gekoop. Toe ons by die [...]
Continue reading...24. February 2007
Vandag het ek karringmelkbeskuit gebak. Hoe wonderlik!! Ek het besluit op karringmelkbeskuit eerder as boerebeskuit want ek drink nou regtig nie tee of koffie nie! Die boerebeskuit moet beslis saam met koffie gedrink word sodat jy dit eers daarin kan week. Die karringmelkbeskuit is nie so hard nie en dit smaak heerlik. Dit het ‘n lieflike [...]
Continue reading...
17. October 2008
0 Comments