Marius maak sy opwagting …

Wel, julle weet hoe ek net nou die dag geskryf het dat ek nou vir 4 weke op vakansie is voor die geboorte van ons babatjie?  Wel, dit was toe nie akkuraat nie.  Een week in my vakansie in en wat gebeur, ons seuntjie besluit om vroeg op te daag…

Hy is tog te pragtig, klein en dierbaar, 2.55 kg swaar, of is dit nou lig????  Maak nie saak nie, hy is pragtig gesond en ons dank die Hemelse Vader vir so ‘n wonderlike geskenk van bo.  Marius het eers sy naam met geboorte gekry.  Ons was nie seker gewees nie, maar het net na die geboorte besluit op die naam. 

Dit was wonderlik toe hulle hom in my arms neersit net na geboorte, so klein en wonderlik, kan nie die gevoel beskryf nie.  Dit is regtig onbeskryflik ongelooflik!!!!!!  Dit is nog wonderliker dat my wonderlike man hierdie gebeurtenis met my kon deel en ons babatjie se naelstring kon knip. 

Daar is geen wonderliker gevoel op hierdie aarde nie.  Marius my seuntjie, ons is trots op jou, so lief vir jou en jy maak ons lewe vol… XXXXXXX

2 Comments For This Post

  1. Tinus Says:

    Hi daar julle!

    Ek loer gou in om hallo te se.
    Hoop dit gaan goed met julle. Die bondeltjie lyk al te pragtig. Baie geluk en alle vreugde vorentoe.
    Sien julle gou weer.

    Groete
    POT

  2. Lizel Says:

    Hi Tinus

    Dankie vir die pragtige boodskap. Marius is ‘n fees, hy is dierbaar en pragtig en te dierbaar vir woorde. Kan nie wag om hom aan julle almal voor te stel nie.

    Liefde groete vir eers
    Lizel

Leave a Reply

Spam Protection by WP-SpamFree