Ek is nou op rustyd…

Wel, sover so goed.  God het ons wonderlik geseen en met ons swangerskap gaan dit sover BAIE goed.  Ons is tog so dankbaar…

Ek het Vrydag my laaste dag by die werk gehad.  Nou is ek op vakansie vir 4 weke, my jaarlikse verlof en daarna is ek op kraamverlof.  Ons gaan hierdie volgende 4 weke moet gebruik om alles gereed te kry.  My ma het die pragtigste ou goedjies gestuur vir ons kleinding…

Ons sal die volgende paar weke gebruik om die kotbed gereed te kry en ek sal moet besluit wat alles nodig gaan wees, soos poeiertjies en roompies en so aan.  Ek weet regtig niks nie, maar ek is seker ons sal leer soos ons voortgaan. 

Ons is baie opgewonde alhoewel ook ‘n bietjie skrikkerig.  Ek sal so bietjie meer gereeld vir julle almal skryf noudat ek by die huis is.

Leave a Reply

Spam Protection by WP-SpamFree