Cup Cakes

Sat, May 9, 2009

Food, Resepte (in Afrikaans)

Wie van julle hou van cup cakes?  Ek onthou nog toe ons klein was het my ma vir ons cup cakes gebak met hundreds and thousands bo-op en dalk ook ‘n pragtige silwer balletjie.  Die versiersuiker was sommer ‘n lekker pienk of ‘n heerlike sjokolade…

Ek was nou die aand so lus vir cup cakes gewees, toe besluit ek om so bietjie te bak.  Ek het net die helfte van die beslag gebruik oor ek nie dink net die twee van ons kan 40 cup cakes eet voor hulle begin hard word nie!!!  Dit was wonderlike pret gewees om dit te bak.

Die resep is eenvoudig!  Volg net ‘n resep vir ‘n gewone wit sponskoek en siedaar!  Versier met die kleur versiersuiker waarvoor jy lus is en rasper heerlik donker sjokolade bo-op en siedaar… ‘n wonderlike cup cake wat heerlik smaak.  Hier is ‘n vinnige resep as jy nie een het nie (hierdie is net die helfte van die oorspronklike resep):

Bestandele:
1 1/2 k suiker
1/2 k botter
1/2 k maizina (mielieblom)
1/2 k melk
2 eiers
1 t gerasperde lemoenskil
1 k meelblom
1 t bakpoeier
knippie sout

Metode:
1.  Room die botter en suiker saam.
2.  Meng die maizina met die helfte van die melk en voeg by.  Meng goed.
3.  Klits die eiers en voeg by.
4.  Sif die droee bestandele saam en meng om die beurt met die melk.
5.  Skep lepelsvol in die cup cake houertjies en bak vir omtrent 20 minute in ‘n voor-verhitte oond teen 180 Grade Celcius.

Lat afkoel en versier met botterversiering van jou keuse.  As jy die versiersuiker wil kleur, gooi net ‘n druppeltjie of twee voedselkleursel hierby.  Geniet!

As jy eerder tuisgebakte koekies wil koop, probeer gerus die heerlike koekies, koeke, cup cakes, muffins, hertzoggies en karringmelkbeskuit van Ouma’s Cookies. Hulle is gebaseer in Vereeniging. As jy vandag bestel sal dit vars gebak word en jy kan dit kom afhaal in Vereeniging, of ons kan dit vir jou stuur via courier in Suid Africa vir R100. Kontak ons vandag!

9 comments on “Cup Cakes

  1. Hi,
    dankie vir hierdie resep. Sit hier in Perth en soek die resep in MY taal!!

    Nogmaals dankie.
    Groete
    Jolandé

  2. Hi daar Jolande!

    Hoop dit gaan sommer baie goed met jou. Geniet jy dit daar VER WEG in Perth? Ek moet se, ek mis SA verskriklik en gaan ten minste 1 maal ‘n jaar terug. Nie meer te lank nie, dan gaan ons ons permanent daar vestig.

    Ek het my man hier in Engeland ontmoet toe ek hier kom werk het vir ‘n jaar en toe bly ek sommer… maar ons wil albei BAIE graag SA toe gaan.

    Ek is bly jy geniet dit nogsteeds om resepte in Afrikaans te lees. Daar is geen lekkerder taal op aarde nie. Geniet die Cup Cakes, kom gerus terug vir nog resepte en geniet die gebak en brou in die kombuis :)

  3. Hi Lizel, dankie vir jou cupcake resep, ongelukkig staan die hoeveelheid melk nie daar nie.

    Groete

  4. Ai jong

    Jammer Minnie. Dit is 1/2 koppie melk. Jammer ek kom nou eers terug na jou toe maar het ‘n bietjie in London gekuier.

    Ek dal die melk in die resep insit.

    Geniet!

  5. Hi Minnie

    Ek het nou net die resep sommer ook reggemaak. Dankie dat jy my daarop gewys het.

    Geniet die Cup Cakes. Dit smaak altyd lekker!!!

  6. Hi Lizel,
    Het vanoggend toevallig op jou webtuiste afgekom toe ek ‘n Suid-Afrikaanse FUDGE -resep vir die Microwave gesoek het. Ek is vandag baie blue en soek comfort-food. Ek gaan verseker jou boek bestel. Ons is
    in Brisbane , maar besig om te pak vir die trek na Sydney.Ek hoop die Brood en Botter-poeding is in die boek ingesluit.
    Ek is ook in Vanderbylpark gebore (net in 1955) en Transvalia H/S bygewoon en by Rivier-Pukke geswot (Industrial Psychology..)..so ons het
    raakvatplekke.
    Is jou boek in S.Afrika beskikbaar ? Ons gaan volgende maand en dan kan ek dit net sowel daar kry. Die dollars is kosbaar hier.
    Waar bly julle ? In London ?

    Lindie Kolver

  7. Hi Lindie!

    Jammer ek skryf nou eers! Is op die oomblik in Suid-Afrika, gaan hier wees vir ‘n ruk. Soos jy seker op my webtuiste gesien het, het ek en my man ‘n seuntjie ryker geword 4 maande terug. Ons is in Suid-Afrika vir nou en vlieg tussen die twee lande vir die oomblik!

    Ek het ook by Vaal Pukke geswot! My sagteband boek is beslis in SA beskikbaar. As jy die link op my blog volg, sal jy na Amazon.com se webtuiste geneem word. Daar kan jy die boek bestel. Sover ek weet lewer hulle regoor die wereld af en sekere lande se aflewering is selfs gratis. Die boek is egter bestaalbaar in Amerikaanse Dollers. Die brood en botter poeding resep is beslis ingesluit.

    As jy na my Home page toe gaan kan jy ‘n Downloadable boek koop as dit beter is vir jou. Die is beskikbaar in beide Afrikaans en Engels. Ek is nog besig om aan die sagteband boek in Afrikaans te werk.

    Hoop jy geniet die boek en moenie te blue voel nie… Ek weet egter hoe jy voel. Dinge kan soms te veel raak.

    Geniet die kuiertjie in Suid-Afrika!!
    Groete Lizel

  8. k
    Kan iemand dalk help. Ek wil ‘n sjokolade botterversiering gebruik maar
    wil dit graag baie donker hê. Ek twyfel of meer kakao die ding sal doen.

  9. Hi Lina

    Ek is nie heeltemal seker nie. Ek weet egter dat die kakao wel ‘n invloed sal he. Hoe meer jy gebruik hoe donkerder sal dit wees, maar dit sal ook ‘n sterker en meer intense sjokolade smaak he. Probeer die kakao en rasper donker sjokolade bo-op. Dit sal heerlik smaak

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

HTML tags are not allowed.