Goeiemiddag almal van julle. Ek is besig om te werk aan my volgende artikel in verband met waar ons gekuier het toe ons in Suid-Afrika was verlede jaar. Ek is nog nie heeltemal klaar nie, maar sal nie meer te lank duur nie.Â
Verder gaan dit baie goed hierso, geen klagtes nie! Het vanmiddag nacho chips gekoop en gaan later vir ons daarvan maak. Sit ‘n halwe pak in ‘n bord, sprinkel met lekker burger sous van Steers (enige chutney of sous van jou keuse sal doen, of salsa), sprinkel dan met gerasperde kaas en bak in die oond vir so 10 minute, net genoeg om die kaas lekker te smelt.
Bedien met heerlike gemashde avokado en suurroom. Ek het die bestandele vanmiddag gaan koop en gaan dit defnitief maak vir later vanaand, miskien as ons ‘n lekker fliek kyk.
Lekker aand vir julle en geniet die res van die kort naweek.




March 5th, 2009 at 6:34 am
Yum, dit klink heerlik
Ek en C gaan dit definitief een of ander tyd maak.
Lekker dag…