Ek sit en luister na oopgesprek op RSG. Die gesprek handel oor tatoos en of dit reg is. Persoonlik dink ek dit is vieslik. Dit is natuurlik ‘n persoonlik keuse, maar ek wens mense wil meer daaroor dink voordat hulle so iets doen.Â
Dit lyk nie mooi nie, en volgens my geloof is dit verkeerd. As jou liggaam God se tempel is dan het jy mos nie die reg om dinge op jou liggaam in te brand nie? Dit is natuurlik net my opinie. Wat dink julle?




January 16th, 2010 at 9:14 pm
Na my mening is dit nie nodwendig sleg nie.Die groot gevaar is egter om aan die endorfiene wat jou liggaam afskei verslaaf te raak. Het baie lank terug met ‘n tydelike vlamme een ge-ekperimenteer (dit is een of ander natuurike ding wat na so 6 tot agt maande heeltemal verdwyn)maar glad nie daarvan gehou nie.
Wat kos betref ek hou daarvan om soetgoed te maak maar hier is iets anders wat jy dalk wil probeer
Dronk Bees
2 eetlepels sonneblom olie
1 ui dun gesny
1 pond (500g) stowevleis in blokkies gesny
Half pond baba wortels
Half pond knopie mushrooms (antie sê nog mak paddastoelle)
Fyngekapte koffelhuisie
Bottel droe rooiwyn (sy sê Pinotage maar my goekoop Syrrah het gewerk)
Gerasperde skil van 1 lemoen en die sap
Takke tiemie en takkie roosmaryn
1 droe kerrie blaar (bay leaf)
Vars gemaalde swart peper na smaak
8 tiende koppie vars breeboointjie
3 eetlepels brandewyn
Sit oond op 150 grade C
Verhit olie in VLAMVASTE kasserolbak. Smyt uie in en kook oor med hitee vir 4 tot 5 minute (uie begin net bruin)
Gooi vleis in en roer to alle kante geseël is (5 minute)
Gooi wortels mushrooms en knoffel by
Gooi rooiwyn oor en roer lemoenskil en sap by voeg roosmaryn tiemmie, kerrie blaar en goeie knypie peper by en bring tot kookpunt
Sit deksel op en en steek in oond vir een en kwart uur
Kook op stoof vir half uur
Roer bree bone by hou deksel af en kook nog halfuur
Sit nog peper by as nodig(ek sal!!)
Maak brandewyn effens warm goou oor res steek brand en dra tafel toe en smoor vlamme
Hele storie 3 uur maar die moeite werd
Voer 3 tot 4 normale mense
Gekry van ‘n dankbare noord kaap tannie en dit is haar naam vir die dis