Ja ek weet dit is alweer amper die einde van die eerste maand van die nuwe jaar en ek skryf NOU eers, maar hierdie jaar sover was baie besig. Ek kan nie glo hoe baie daar is om te doen nie. Saam met dit alles, is daar ook ‘n hele spul verjaarsdae hierdie maand.
My sussie se verloofde het die 2de verjaar, baie geluk, my middel nefie het die 12de verjaar en vandag is my oudste neef en my Oom se verjaarsdag. Ek het vir julle almal geskryf, maar wil maar net weereens vir julle almal baie geluk wens met julle verjaarsdae. Geniet ‘n wonderlik, besige 2009 en mag al julle drome hierdie jaar waar word…
Ek is besig om rond te kyk vir lekker resepte, so ek sal binnekort weer met julle deel. Laat weet as daar enige voorstelle of versoeke is. Dalk kan ek vir julle die resep opspoor…




January 26th, 2009 at 8:38 am
Hi daar!
Hoop dit gaan nog goed met julle daar. Baie geluk met die verassing wat jul gekry het.
Eks seker daar le n baie lekker tyd voor.
Geniet jul dag verder…
Tinus
January 26th, 2009 at 7:06 pm
Baie dankie vir jou gelukwense swaer! (amper). Ons is net so ongelooflik ongelukkig en jammer dat ons nie julle troue sal kan bywoon nie. Dit het nog nie ingesink nie…