Hierdie artikel is ‘n wonderlike bydrae deur Deon. ‘n Lieflike snaakse storie wat ek graag met julle wou deel. Ek sal van tyd tot tyd snaakse stories publiseer onder hierdie opskrif. Geniet!
================Â
So bevind ek my voor die eierrak by Pick n Pay. Ek is op die punt om sommer ʼn dosyn Jumbos te gryp soos ek maar altyd maak, toe ʼn dame my op die skouer klop en vra “het jy miskien ʼn idee wat die verskil is tussen al die eiers?†Ek kan sommer sien sy dink, “jy is mos ʼn man, met eiers, so jy behoort te weet!†Ek kyk toe vir die eerste keer mooi, en ek is verstom, want daar is ʼn warboel verskillende eiers. Daar is geen inligtings pamflet naby nie en geen verduidelikings op enige van die boksies nie! Weet vrouens dan nou sommer instinktief al die goed, wonder ek?
Dus is mens genoodsaak om maar self hond haaraf te maak, of in die geval eier dopaf…
Large: die hoender kan loop waar sy wil, op hok sit as sy wil, eet wat sy wil solank haar O-ring (soos Gamos dit noem) net ʼn Large kan druk, sy hoef nie ʼn ingeboude stempel te hê wat terselfde tyd op die eier stempel “LARGE†nie, dis net vir Woolies hoenders ʼn voorvereiste.
X-large: soos bo maar natuurlik die, nog groter O-ring!
Jumbo: ook soos bo, maar sy moes spesialis behandeling kry, sy is dus ge-convert, geboor en gepas met ʼn wille banana-branch uitlaatpyp, met ʼn vlekvrye staal O-ring!
All grain: die hoender kan eet wat sy wil solank dit graan is, dag en nag, graan, graan, graan! Sy kan los rondskrop of gehok sit, sy moet net onderneem om graan te eet, ek wonder of sy ʼn kontrak moes teken? Haar O-ring kan enige grote wees en sy kan van enige land afkomstig wees, anders as ons volgende kandidaat!
Indigenous free range: Sy kan wit, swart of bruin wees, solank sy net ʼn plaaslike inwoner is, sy moet ten alle tye haar groen ID boekie by haar dra. Sy kan ʼn O-ring van enige grote hê, maar sy moet van die buitelewe en kamp hou want sy mag net “Free rangeâ€. Ek verstaan nie hoekom sy nie op hok mag sit nie, seker maar omdat sy ʼn plaaslike inwoner is, “born and bredâ€, sy is dus gewoond aan leë beloftes en sinkplaat huise wat lek, so sy verkies dit eintlik buite!
Omega-3: O My Ek Gaan met 3 steroides “verryk†word. Sy is ook die onderdaan van haan 007. Omega-1 en Omega-2 moes natuurlik hulle lewens skenk vir die “saakâ€!
Free range: Sy moet van die buitelewe hou, maar sy kan van enige land afkomstig wees, sy hoef nie eers haar paspoort (pasboek soos in die ou dae) by haar te hou nie, want sy gaan noodgedwonge een mooi dag selle toe, daar waar niemand nog vanaf terug gekeer het nie, amper iets soos Robin eiland! As die S.A.P. haar nie vang sal die boer of miskien selfs Agent Omega-3!
Canola: Sy is die hoender wat van looitjie getik is, al die ander hoenders op die werf skinder van haar, want waar het jy nou al gehoor van ʼn hoender wat blomme eet, net blomme, dag in dag uit, NET blomme! Haar O-ring en voorkeur vir gehok of los hotnot buite rondloop maak glad nie saak nie.
Organic: Sy is baie gaaf, sy is ook ʼn orgaanskenker. Sy eet baie gesond, sommer ʼn bietjie van alles graan, blomme, en selfs, ja glo dit of nie wurmpies, soos dit ʼn regte hoender betaam!
Pasteurised: Sy is familie van die wetenskaplike Pasteur, sy is baie slim en het die name van al die bogenoemde eiers uitgedink!
So daar het jy dit die Alfa en Omega van eier wees! Is ek spyt ek het al die onnodige inligting geleer, nee, ek is wel spyt ek het nie die mooi girl genooi vir koffie nie, die een wat my op die skouer geklop het, en my aandag gevestig het op die eier saga, miskien ook maar beter, nou nou was sy ʼn Omega-3 agent!




January 26th, 2009 at 7:05 pm
Oulike storie. Laat weet my wat julle van die artikel dink. Ek het heerlik gegiggel
August 31st, 2009 at 12:59 pm
Hi my kinders,
Ek wil maar net se ek verlang baie en mis julle so baie.
Liefde moedertjie
September 4th, 2009 at 4:56 pm
Hi daar Ma
Dankie vir die boodskappie. Dit is te dierbaar en heerlik om van ma te hoor. Dit gaan baie goed met ons, Marius hou ons net besig. Hy begin nou langer wakker bly deur die loop van die dag.
Mis ma ook baie. Lief vir ma xxx
Praat weer later.