Handtertjie resep

Thu, Dec 11, 2008

Food, Resepte (in Afrikaans)

Gisteraand het ‘n dame met die naam Retha gevra of ek nie ‘n resep vir handtertjies met julle kan deel nie.  Wel, hier is dit.  Ek het ook die resep geskryf as antwoord op die vraag, maar ek het gedink dit is so lekker, ek kan dit net sowel die resep van die maand maak.

Hier is die resep.  Onthou om appelkooskonfyt te gebruik, maar ek weet die mensie hier in Engeland hou mos van arbeikonfyt.  Dit werk net so goed.  Besluit net watter een jy verkies.

Bestandele:
1/2 lb botter (margarine is goed, maar botter gee ‘n lekkerder smaak)
2 koppies meel
1 teelepel kremetart
‘n knippie sout
1/2 koppie yskoue water (bietjie meer as jy voel die deeg wil nie lekker bind nie)

Metode:
1. Gebruik jou vingers en vryf die botter in by die meel, kremetart en sout. (Dit is makliker as jy die botter vries en dan sommer rasper!!)
2. Meng die water bietjies op ‘n slag by en meng in met ‘n mes.
3. Bind die deeg en bedek met ‘n koue lap. Laat die deeg in die yskas staan vir omtrent 30 minute.
4. Rol uit en gebruik ‘n koekiedrukker (so groot soos jy dit wil maak) en skep ‘n teelepeltjie appelkooskonfyt in die middel.
5. Vou die een helfte van die sirkel tot op die ander en druk saam met ‘n vurk.
6. Smeer melk bo-oor die halfmaantjie en bak in ‘n verhitte oond teen 200 grade celsius vir omtrent 15 – 20 minute, tot lig bruin.

Lekker eet!
Laat weet hoe dit uitkom en geniet die res van die aand :) 

Stuur gerus enige idees en vra as julle graag ‘n spesifieke resep wil maak.  Ek sal my bes doen om vir julle die resep op te spoor as ek dit nie self ken nie.

,

4 Comments For This Post

  1. Rentia Says:

    Sjoe, dat ek nou die resep uit die UK uit gaan haal….
    Ek is mal oor die tertjies, en na vele mislukte pogings om die resep uit my Ouma te kry, gaan ek “brag” die naweek met lekker vars hand tertjies…. yummie!

  2. Lizel Says:

    Hi Rentia

    Ek is so bly jy het die resep gekry, al is dit ook uit die UK!! Laat weet asb hoe die tertjies uitgekom het…

    Lekker dag en geniet die naweek!

  3. Magda Says:

    Dankie vir hierdie Handtertjie resep, ek soek al lank ‘n resep en gaan beslis hierdie een volgende week bak. Ek gaan tuisgemaakte appelkooskonfyt insit, wat ek self kook ! Kan net lekker wees !

  4. Lizel Says:

    Hi daar Magda

    Dit is ‘n plesier. Ek hoop die handtertjies smaak sommer vorentoe. Geniet dit gerus. Ek is seker daarvan dit sal ekstra lekker smaak met die tuisgemaakte apperkooskonfyt. Geniet dit en laat weet hoe dit gesmaak het.

    Groete Lizel

Leave a Reply

What is 12 + 8 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree