Flap Jack

Mon, Dec 1, 2008

Resepte (in Afrikaans)

Hierdie is een van my man se gunsteling resepte op aarde!!  Ek is versot op oatskoekies, maar my man is weer so erg oor Flap Jack.  Ek is eerlik as ek se ek het nog nooit van Flap Jack gehou nie.  Ek weet egter nou wat die rede hiervoor is.  Die wat jy in die winkel koop smaak regtig nie lekker nie, maar glo vir my, hierdie resep is heerlik.

Dit is effens ryk, maar oeeeee so lekker!!!!  Maak seker jy gebruik egte botter om die smaak nog beter na vore te bring.  Jy kan natuurlik margarine gebruik, geen probleem, maar botter is effens meer romerig op die tong.

Bestandele:
5 1/2 koppies (500gr) Oats
1 Groot eetlepel goue stroop
1 1/4 koppie (250gr) Demerara suiker
3/4 lb botter

Metode:
1.  Smelt die stroop, suiker en botter saam in a pan oor ‘n lae hitte.
2.  Meng die oats hierby en roer deurmekaar vir omtrent 3 minute.  Maak seker dat die mengsel nie brand nie.
3.  Skep die mengsel in ‘n pan uitgevoer met “grease proof” papier.
4.  Bak vir omtrent 20 minute, of tot goud bruin teen 180 grade celcius.

Laat die Flap Jack afkoel en sny dit dan in blokkies, so groot as wat jy dit graag wil he.
EET EN GENIET!!

,

Leave a Reply

Spam Protection by WP-SpamFree