Die Springbokke speel moremiddag teen Wallis en ek HOOP hulle wen. Kan nie meer wag nie. Die wedstryd gaan regstreeks uitgesaai word op BBC1. Gewoonlik is alle sport slegs op Sky, en ons het ongelukkig nie Sky Sport nie, so ons sien nooit enige sport nie. Maar gelukkig is dit op ‘n kanaal wat ons ALMAL kan sien.
Enigste probleem is die feit dat die regering besluit het om die embleem te verander van die Springbok van die Protea toe. Hoe hartseer is dit tog nie. Ai, ek hoop tog maar net ons almal kan leer om mekaar te aanvaar en saam te staan, saam te veg vir ‘n tradisie wat al langer as 100 jaar daar is.
Gaan gerus en regestreer op die Facebook webwerf as jy glo die Springbok moet gered word.
If you feel the Springbok emblem should be saved, please register at this Facebook cause.




Leave a Reply