Plat geslaan

Tue, Nov 18, 2008

Lizel's Thoughts, News

Ek het vanmiddag die koerant gelees, net soos duisende van julle ook seker gedoen het.  Vir daardie van julle wat nie die koerant gelees het nie, ek het slegte nuus vir julle.  Die sport departement van die regering (as dit is wat julle dit wil noem) het toe vandag vergader en ‘n besluit is geneem dat die protea as nasionale embleem aangeneem moet word en sal van nou af ALLEEN op die linkerkant van die rugby trui pronk (oeps, nee, net ‘n Springbok kan pronk, ek glo nie ‘n protea kan dit doen nie…)

Daar is glo ‘n ingewing gemaak waar die Springbok vir publisiteit doeleindes gebruik kan word, maar mag nie meer op die hart van die rugbyspeler wees nie.  Wat ‘n hartseer dag.   Ek voel so na aan trane dit is net nie waar nie.

Hoe kan jy ‘n klein trotse bokkie blameer vir dinge wat mense in die verlede gedoen het?  Wat is die probleem?  Ons almal as Suid-Afrikaners is tog trots om Suid-Afrikaans te wees, om Springbokke rugby te sien speel.  

Dit voel ook asof ons nie aangehoor word nie.  Ons is gevra hoe ons as rugbyondersteuners voel oor die Springbok en of ons dit wil laat uitsterf, en ons wil nie.  Daar is duisende mense net op Facebook wat laat hoor het hulle wil die Springbok behou, om nie eers te praat van al die ander mense regoor die wereld nie. 

Wel.  Dit is seker die hartseerste dag in my lewe.  Dit voel of my hart dood is, of ek nie krag het om meer rugby te kyk nie.  Dit voel asof ‘n trots om ‘n Springbok te word dood is in een oomblik, met die uitspreek van een sin.  Wat nou gemaak?  Wat gaan nou van ons rugbytrots word?

Ek hoop ons kan aangaan en die veranderinge aanvaar, soos die res van die veranderinge wat reeds ingestel is die afgelope jare. 

Sterkte Bokke en mag julle Saterdag wen, julle laaste wedstryd as Bokke wen en op ‘n hoogtepunt afsluit.  Go BOKKE!!

, ,

Leave a Reply

What is 8 + 13 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree