Vandag was weer ‘n baie besige dat gewees by die werk. Kan jy nou glo! Dit voel nie asof ek enigsins af was nie. Ons 3 maande kuiertjie in Suid-Afrika voel soos ‘n distant memory en dit voel natuurlik of ons glad nie daar was nie.
Behalwe vir die feit dat ons baie besig is by die werk met hierdie ongelooflike groot finansiele probleme is ons nog besiger as gewoonlik. Dit reen ook onophoudelik en ek dink nie dit kan nog natter word nie!
My ma vertel my vanaand dit is weer so vreeslik droog daar in Suid-Afrika. Moedertjie het gras geplant oor die gras so bietjie yl geword het oor die afgelope jaar sonder reen. Nou het my ma die gras geplant maar daar is nog steeds nie enige reen nie. So nou moet my ma elke dag die gras ‘n bietjie nat spuit. Maar nie te veel op ‘n slag nie want water is duur en skaars… hoe nou gemaak
Hopenlik sal dit binnekort begin reen anders het ons weer probleme met die mielie oes begin volgende jaar.
My sussie-hulle gaan volgende week vir 10 dae Egipte toe. Iets om na uit te sien. Hulle is baie gelukkig en bevoorreg. Hoop julle geniet dit vreeslik baie. Ek glo dit gaan so bietjie warm wees, maar geniet elke oomblik. Hoop die waarde van die geld is nie te veel af nie…
Wel, met al die probleme in die wereld kan ek met eerlikheid se ons is baie gelukkig. Ons het nog werk en is baie dankbaar.
Groete vir eers en geniet die rugby videos!
PS: Volgende Saterdag speel die Bulle en die Sharks die Curriebeker eindstryd. Sal beslis na die wedstryd moet kyk en sal julle beslis op hoogte hou.




Leave a Reply