Hierdie naweek gaan ‘n besige een wees. Ek gaan 4 hoenderpasteie bak vir my vriende by die werk. Hulle is versot op my ma se lieflike resep en eet BAIE gereeld hiervan. Ek geniet dit vreeslik baie om sommer net te kook of selfs net te bak en te brou.
Ek weet nie hoekom nie, maar nog altyd wou ek net koekies en terte bak. Seker oor ek dit so vreeslik baie geniet om dit te eet!!!
Ek sien baie uit na die naweek alhoewel ek sekerlik baie besig gaan wees.




Leave a Reply