Rugby is terug

Sat, Jun 7, 2008

Sport

JA, dit is alweer daardie tyd van die jaar.  Dit word nou lekker koud in Suid-Afrika en dit beteken natuurlik dat dit weereens rugby seisoen is.  Ongelukkig kon ons nie regtig hond-haar-af maak in die Super 14 nie, maar dit lyk darem of dit goed gaan met die wedstryd tussen Suid-Afrika en Wallis.

Ek sit nou en luister terwyl ek so lekker sit en tik en dit gaan goed.  Ek kan net glimlag :)   Suid-Afrika loop nou met 36 punte teenoor 10 voor en gelukkig gaan dit goed.  Ongelukkig het hy nou net ‘n paar veranderinge aangebring maar nou ja…almal moet seker ‘n kans kry om te speel sodat ons kan sien wie is die beste.

Ek is seker daarvan daar is nog ‘n paar wedstryde tussen ons twee lande om te speel en ek kan nie wag nie.  Ek hoop net dit gaan goed gaan met ons span hierdie jaar.

Ek sal julle op hoogte hou van nuutste gebeurtenisse, veral wanneer ons in Suid-Afrika is.  Dan kan ek weer vir ‘n slag ‘n bietjie rugby kyk op die TV.  Ons het nie Sky hier nie so ek luister op die internet.  Dit is natuurlik beter as niks nie …

Ek hoop julle geniet die middag se sport, want natuurlik speel ons sokkerspan ook vandag en hulle het met 2 – 0 voorgeloop teen halftyd. 

Sien julle een van die dae in ons lieflike koue Suid-Afrika.  Groete vir eers!

Leave a Reply

What is 9 + 2 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree