Vandag is Saterdag, nog ‘n naweek is op ons. Dit is effens koel vandag. Ons het die afgelope week nogal lekker weer hier in UK ervaar, so tussen 14 en 18 grade celcius. Vandag is weer koud en nou sit ons weer met ons truie aan. Maar gelukkig is goeie weer voorspel vir volgende week, so hou maar duim vas.
Vandag gaan my man die kos maak. Hy beplan om ‘n heerlike kalkoen lasagne te maak. Dit kan net lekker wees. Ek is mal oor lasagne en kalkoen smaak lekker as dit met ‘n heerlike sous gemeng word. Ons sal lekker knoffelbroodjies saam met dit eet. Ek sien baie daarna uit.
Dan het ek ook ‘n boodskap van my ma gekry
 Dit gaan goed in SA en dit is nog warm alhoewel die aande nou begin koel word. Ons sal maar moet sien of dit BAIE koud word daar hierdie winter. Ons is mos oppad SA toe in Junie. So ons is baie opgewonde en sien baie daarna uit om almal weer te sien!
Ek wil ook net ‘n regstelling maak op my inskrywing oor Paasfees. Alhoewel ons geloof gaan oor die feit dat God Sy Seun gestuur het om vir ons sondes te kom sterf, is die ander fondament van ons geloof ook dat Jesus OPGESTAAN het uit die dood en sit aan die regterhand van God. Ons moet nooit daarvan vergeet nie. Ek het net geskryf oor Sy dood omdat dit is waaroor Paasfees gaan, maar ek het nooit geskryf met die opstanding en hemelvaart nie. Wou net hierdie klein puntjie uitlig.
Hoop julle het almal ‘n wonderlike dag! Geniet die naweek en praat sommer gou weer.
Â




Leave a Reply