Aprilmaand staan nou einde se kant toe en nogsteeds is dit winter hier in die verre UK. Dit was veronderstel om al in Maartmaand lente te wees, maar nogsteeds het ons sneeu op plekke en die temperature is maar nogsteeds laag. Dit is nou al koud sedert laas jaar Oktober (7 maande en nogsteeds sien ons geen einde nie).
Dit klink vir my dit word ook nou effens koelerig daar in Suid-Afrika, alhoewel dit nog lekker warm is in die middae. Ek het vandag gelees dat hulle mense aanmoedig om te gaan vir die griepinspuiting. In die Noordelike halfrond het dit glo ernstig misluk en was die inspuiting net 44% effektief. Hulle glo egter dat hierdie inligting sal help met die Suidelike halfrond se winter.
Ek het ook vandag weer die South African goodnews internet webwerf gelees. Dit is lekker om te lees as jy baie negatief voel of net ‘n rede nodig het om te glimlag. Hierdie webwerf is beslis die moeite werd om te lees, maar nie saak waar jy is nie. Dit maak jou hart sommer baie warm en trots.Â
Ek gaan vandag vir ons pampoenkoekies bak. Ek sal nou eers moet kombuis toe gaan om te gaan kyk of die pampoen al gaar is. Ek sal later weer met julle gesels. In die meantime, geniet vandag se sonskyn of koue, wat ook al die geval mag wees en bly positief. Glimlag en maar seker jy groet ten minste 5 mense elke dag wat jy nie ken nie. Dit maak almal sommer vriendeliker




Leave a Reply