As daar nou een nagereg is wat maklik, vinnig en lekker is, dan is dit nou ‘n lekker Roly Poly. In Suid-Afrika geniet ons hierdie nagereg met appelkooskonfyt. In Engeland geniet hulle alles met arbeikonfyt. As ek ‘n aanbeveling kan maak, dan is dit dat jy defnitief die appelkooskonfyt moet probeer. Dit smaak vir my by verre die lekkerste.
Bestandele vir nagereg:
1 koppie meel
2 teelepels bakpoeier
1 eier
‘n Knippie sout
2 eetlepels botter
Bestandele vir stroop:
2 koppies water
1 koppie suiker
Metode:
1. Vryf die botter in by die meel, bakpoeier en sout.
2. Klits die eier en meng met ‘n bietjie melk en maak die deeg aan.
3. Rol die deeg uit en smeer ‘n lagie appelkooskonfyt bo-op die deeg.
4. Kook die bestandele vir die stroop saam en gooi dit in die bak.
5. Rol die deeg op en plaas die nagereg in die kokende stroop.
6. Bak die nagereg in ‘n voorverhitte oond teen 180 grade celcius vir 25 minute.
Bedien die Roly Poly met vla of roomys.




April 23rd, 2008 at 6:34 pm
Hi,
Ek is op soek na die eienaar van die website, ek reken dit sal Lizel wees.
Kan jy my asb email op die email address waarmee ek geregister het.
Baie Dankie!
PS: Eerste keer wat ek van Roly Poly nagereg hoor
April 25th, 2008 at 7:24 pm
Hi daar,
My man het glo vir jou geskryf. As jy nog enige vrae het, laat weet gerus. Ek kan nie glo jy het nog nooit van Roly Poly pudding gehoor nie. My ma en ouma het dit altyd vir ons gemaak. Een van my gunsteling
Jy kan dit gerus probeer.
Lekker aand!!!
November 7th, 2008 at 1:25 pm
Vier wenke vir Roly Poly:
a) Smeer uitgerolde deeg met botter (soos vir toebroodjies) voordat die appelkooskonfyt oorgesmeer word.
b) Sny die opgerolde deeg in 3 cm ringe en pak ringe 1 cm van mekaar in goed gesmeerde, dieperige oondpan (eindresultaat: individuele skeppies en pragtige bruingebakte poedingringe).
c) Vervang 1 kop water met 1 kop lemoensap en voeg nog suiker by na smaak (‘n klein knippie sout bring die smaak uit). Gooi oor die ongebakte poeding en bak totdat sous goed weggebak het. (Moenie die oond oopmaak voordat die poeding gaar is nie, anders val die deeg plat.)
d) Maak ekstra “lemoensous” en verdik effens met mielieblom (maizena) om later saam met vla oor die poeding te eet.
Laat weet my as jy dit gemaak het en hoe dit gesmaak het.
Groetenis uit Bloemfontein.
November 7th, 2008 at 1:26 pm
Verskoon tog, ek het so vinnig getik dat ek my eie van verkeerd gespel het! Moet wees Snyman.
November 7th, 2008 at 6:58 pm
Hi daar Anne
Baie dankie vir die wenke met die bak van ‘n wonderlike poeding:) Ek geniet Roly Poly vreeslik baie. Sal beslis die wenke gebruik.
Dankie vir die boodskap en hoop om sommer gou weer van jou te hoor.
November 10th, 2008 at 12:03 am
Hallo Lizel,
Ek het Vrydagaand ‘n heerlike boerekosonthaal gehad. Daar was beestert- en skaapafvalpotjies, groenbone, soetpatats, koring, wortel- en beetslaai …. en toe natuurlik die Roly Poly poedingresep wat ek driedubbel (3 kop meel) aangemaak het. Jy kan net dink hoe het die gaste weggele.
Ek het jou poedingresep met my lemoensapvariasie gekombineer en dit met vla bedien. Met sulke heerlike kos en die weer wat goed saamgespeel het, was die aand ‘n wenner.
Die paar stukkies poeding wat oorgebly het, was die volgende dag nog lekkerder!
Net nog ‘n wenk: as ek my deeg uitrol, gebruik ek redelik baie meel op die oppervlakte, dit help om die sous dik te maak en ek bak dit vir 45 min.
Groetnis uit Bloemfontein.
November 14th, 2008 at 12:57 am
Hi daar Anne
Ek is so bly jy het die nagereg weer gemaak. Ek het nog nie weer die poeding gemaak nie, maar die plan is om die naweek nog bestandele te gaan koop. Kan jy nou glo dat ek deur die helfte van die week uit bestandele uitgehardloop het!
Ek gaan beslis van die lemoensapvariasie van jou resep gebruik maak en sal laat weet hoe dit kom. Ek is bly die weer by julle speel so mooi saam. My ma vertel my dit is so lekker warm op die oomblik met heerlike reen orals.
Ons kry maar koud hier, ongelukkig
maar gelukkig kan ek net bietjie op my blog skryf as ek homesick raak.
Groete uit ‘n koue en onaangename UK. Geniet die wonderlike SA weer. Kan nie wag om weer voet aan land in SA te sit nie…