Onderwys

Tue, Feb 12, 2008

News, Something to Share

Ek lees nou al so lank van al die probleme met onderwys in Suid-Afrika en ek dink, o aarde, wat gaan tog gebeur.  En nou het hulle die nuwe kirrikulum ook vrygestel waar wiskunde (of wiskunde geletterdheid) saam met twee tale en lewensorientering verpligtende vakke is. 

Ek het die afgelope twee dae gebruik om hieroor na te lees.  Lewensorientering is nie ‘n eksamenvak nie.  Dit word deur die jaar behandel en jy moet net werkstukke doen.  So wat hier gebeur is soos ons gewoond is aan Bybelklasse of LO.  Iets wat jy in die skool doen en punte voor kry deur die jaar, maar nie eksamen daarin skryf nie.  Dit is dieselfde beginsel.

Die ander is nogsteeds eksamens wat jy moet skryf en slaag die laaste 3 jaar op skool.  Ek dink die 9 jaar daarvoor is maar OBE, so ek dink nie jy kan druip nie.  Jy kan wel druip gedurende die laaste drie jaar van skool. 

Die wiskunde dink ek is ook ‘n baie goeie idee.  Die feit dat jy dit moet vat die laaste drie jaar gaan kinders ‘n voorsprong in die lewe gee.  Ek het deur die hele kirrikulum gelees vir wiskunde geletterdheid en dit lyk baie indrukwekkend.  Ek was positief verras hiermee en ek hoop dit kan nou suksesvol toegepas word deur opgeleide onderwysers.  Dit sal ongelooflik wees as dit suksesvol geimplimenteer kan word. 

Ek hoop die onderwys gaan nou net beter word.  Hopenlik gaan daar genoeg aandag gegee word aan die opleiding van alle kinders en die aansporing van alle kinders op skool om verder te gaan studeer.  Ek hoop dat hulle hulle toekoms met albei hande sal aangryp en die beste daarvan sal maak.

Baie sterkte aan die eerste jaar se matrieks wat hierdie nuwe eksamen hierdie jaar sal moet afle.  Al wat ons kan hoop voor is dat alle kinders die hoogste kwaliteit onderwys sal ontvang.

 

Leave a Reply

What is 9 + 14 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree