Hier is ons weer. Dit voel glad nie vir my of ons enigsins vakansie gehad het oor die Kersperiode nie. Dit voel reeds asof ek alweer maande terug is by die werk. Wat het geword van daardie lui-lekker dae buite in die sonskyn, lekker kuier met die familie en vriende…
Maar nou ja. Dit is nodig om weer in die bui te kom vir werk, alhoewel dit nie so sleg is as wat dit klink nie, maar dit voel net of vakansies glad nie plaasvind nie.
Vandag het my liewe vriendin van Suid-Afrika wat ek JARE laas gesien het vir my ‘n email gestuur om met my mee te deel dat sy nou op Skype is en dat ons nou kan chat. Dit is wonderlik! Nou kan ons lekker gesels sonder om te kyk na die tyd of die geld. Ai, ek kan nie wag nie.Â
My man sal my die naweek meer touwys maak met hierdie Skype konsep, so ek kan nie wag nie
Ek is besig om ‘n wonderlike boek te lees, ‘n boek geskryf deur Ena Murray natuurlik! Ek weet baie mense dink dalk dit is redelik vervelig om haar boeke te lees, maar kan ek maar net vir julle vertel, dit is die wonderlikste skryfster ooit!! Sy is my gunsteling en ek sal nooit uitgelees kan raak aan haar boeke nie. Ek het nou al al die boeke gelees wat sy geskryf het. En kan ek net byvoeg dat ek dit al ten minste TWEE keer gelees het, sommige 3 of 4 keer.
Ek gaan nou gou-gou die een boek klaar lees so ek gaan nou maar eers aanbeweeg. Lekker aand en praat weer later.
Â




January 23rd, 2008 at 6:51 am
Hi daar! Dit was heeeeerlik om gister te gesels. Ons maak weer so, sommer gou. Lekker bly en lekker werk vandag..
January 23rd, 2008 at 6:11 pm
Hi Charlene,
Ai dit was darem maar lekker om so te gesels. En dit is so MAKLIK as jy net weet hoe. Ten minste weet ons nou. So saam saam, en natuurlik BAIE hulp van my liewe man, het ons dit uitsorteer.
Werk was goed, maar baie besig. Praat sommer gou weer