Hier staan ons alweer aan die begin van ‘n splinternuwe jaar. Verlede jaar was goed, maar ek weet hierdie jaar gaan sommer stukke beter wees. Kan nie wag nie!
My liefste man het my vreeslik verras met my verjaarsdag. Ons was alleen by die huis en so 10 uur Woensdagaand net na Kersfees het my man my laat weet ons ry oor twee ure lughawe toe in Manchester, want ons vlieg Suid-Afrika toe vir my verjaarsdag!
Ai, my liefste man! Hy is tog so wonderlik vir my. Dit was ‘n wonderlike verrassing vir my en ek het ons kort en kragtige kuiertjie ongelooflik baie geniet. Dit was regtig wonderlik. Ek geniet dit so om my Vaderland te besoek.Â
Dit was wonderlik warm en ons het ‘n hele paar dae in die sonskyn deurgebring. My Broer en sy vrou het ‘n klein swembadjie gekoop verlede jaar en ons het die met water gevul en heerlik daarin gesit. Dit is ‘n klein swembadjie, maar tog te lekker om in te sit en afkoel.Â
Ons het nou regtig nie baie gedoen nie, net ontspan en natuurlik lekker kos geeet soos altyd.  Ons het ‘n braai gehad vir my verjaarsdag, ‘n potjie vir ou-jaar, skaapboud die Sondagmiddag en natuurlik ‘n heerlike stuk bees en patats net voor ons teruggevlieg het. Ons dae was so besig, maar tog so lekker!!
Ek het vir die eerste keer weer my dierbare vriendin van skool gesien. Sy het al hier op my blog geskryf en dit was heerlik om haar weer in lewende lywe te sien. Ai, ons sal moet plan maak om mekaar beslis meer gereeld te sien.
Dit was ‘n kort kuiertjie, maar die wonderlikste verjaarsdag van my lewe. Dankie my man vir die voorreg om weer ‘n keer in ons ou landjie te kon kuier…




Leave a Reply