Kersfees

Wed, Dec 26, 2007

Something to Share

Ek weet dit is een dag laat, maar baie Geseende Kersfees vir julle almal.  Ek hoop julle het die dag baie geniet en nie te veel gehad om te eet nie! 

My ma-hulle het ‘n lieflike hoenderportjie gehad saam met die res van die familie en vriende en twee van my liefste vriendinne het ‘n Sjinese braai buite op die stoep gehad saam met cramora tert vir nagereg.  Klink vir my baie lekker julle daar in Suid-Afrika langs die swembad!

Ons het ‘n lekker stuk bees gaargemaak saam met gebraaide aartappels en parsnips sowel as groen boontjies en klein varkworsies toegedraai in spek.  Dit was alles baie lekker.  Ons het nie plek gehad vir enige nagereg nie. 

Vandag het ek vir ons hoenderpastei gaargemaak met room-aartappels en lekker fyngemaakte wortels.  Dit was heerlik gewees.  Daar was ook genoeg deeg oor gewees om vir ons lekker vienna pasteitjies gaar gemaak.  Ons sal dit bietjie later vanaand eet.

Hoop julle het ‘n wonderlike dag saam met die familie gehad.  Mag julle ‘n baie voorspoedige nuwe jaar ervaar en mag al julle wildste drome waar word.  Geniet die res van die vakansie en sterkte met nog ‘n werkende jaar wat voorle.  Ek is terug by die werk op die 2de Januarie 2008.  Ek gaan beslis die res van my week af geniet.

Groete vir eers en Mag julle God se seen elke dag ervaar…

Leave a Reply

What is 8 + 10 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree