Weereens Rugby

Tue, Nov 20, 2007

Sport

Baie jammer aan almal wat nie van rugby hou nie, maar ek moet net skryf.  Volgende Saterdag is ons laaste internasionale wedstryd vir die jaar teen Wallis, behalwe natuurlik vir die wedstryd teen die Barbarians. 

Ek sien uit daarna.  Ongelukkig is daar nog 4 spelers beseer sedert die wereldbeker en ‘n paar kan ook nie speel nie as gevolg van verpligtinge tot hulle nuwe oorsese klubs.  Kan jy nou glo dat Engeland en Frankryk nie ons spelers vir ons land wil laat speel nie! 

Dit is nonsens.  Die grootste eer is sekerlik tog om jou land te verteenwoordig.  Hoe kan hulle ons daarvan weerhou?  Ek het baie sterk standpunte en ek het al gehoor dat ek bevooroordelend is en ‘n baie sterk opinie het, en dit is sekerlik waar.  Ek weet waar ek staan en hoe ek dinge sien.  Dit is vir my altyd ‘n swart en wit kwessie en daar is geen grys areas nie.  Dit is of reg of verkeerd…

Neem nou maar die voorbeeld van mense wat die land verlaat en emmigreer.  Dit is als goed en wel en natuurlik iets wat elke persoon self moet uitwerk.  Maar wat erg is vir my is die feit dat jy jou land van geboorte verlaat nadat jy jou span op Springbok vlak verteenwoordig het (in enige sport natuurlik) en dan vir die land waar jy gaan woon ook op internasionale vlak verteenwoordig.

Hoe kan jy so iets doen?  Hoe kan jy daar staan met jou hand op jou hart en uit volle bors ‘n nasionale lied sing wat jy moes aanleer en dit regtig op emosionele vlak bedoel nadat jy ‘n Suid-Afrikaner gebore is?  Is dit moontlik?  Ongelukkig kan ek dit net nie doen nie, maar gelukkig is ek nie ‘n internasionale ster nie…

Dalk is ek die enigste persoon met hierdie opinie maar dit is hoe ek voel.  Ongelukkig kan ek nie verander hoe ek voel nie en so glo ek ander mense ook nie.  Skryf gerus julle gedagtes neer en deel dit met ons.  Ek sal baie graag van julle wil hoor.

Geniet die res van die aand en praat sommer gou weer!

Leave a Reply

What is 10 + 11 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree