Rugby, weereens :)

Mon, Oct 8, 2007

Sport

Ja, weereens die rugby, ek is jammer, maar nie meer te lank nie.  Ek weet in elk geval nie hoe lank my hart nog hierdie ongelooflike stres kan hanteer nie.  Of moet ek liewer hierna verwys as opwinding!  Ek is nie seker nie.  Al wat ek weet is dat Suid-Afrika se wedstryd Sondag teen Fiji veroorsaak het dat my hart ‘n HELE paar slae gemis het…

Dit het goed gegaan om mee te begin, maar ongelukkig het alles van daaraf net met die afdraande pad langs geloop.  Ons was heel rustig voor met 20 punte teenoor 6 maar binne 2 minute met slegs 14 man op die veld het Fiji twee keer gaan druk agter die doellyn en oorgeskop.  En toe is dit sommer 20 elk!  Van waar gehasie? 

Dit is op hierdie stadium dat ek toe nie meer die spanning kon hanteer nie en eerder ‘n koekie gaan opsoek het onder in die kombuis.  Gelukkig was ek nie daar om te sien hoe Fiji amper WEER ‘n drie gaan druk het direk hierna nie!!!  Ek kon net nie terugkeer voordat ons nie weer punte aangeteken het nie.

Ek was daar om die einde te sien, maar sjoe, dit was hopeloos te veel opwinding vir een dag as jy my vra.  Ek weet nie hoe ek deur die volgende wedstryd gaan kom nie.  Dan is daar natuurlik ook die moontlikheid dat ons Engeland of Frankryk in die finaal kan otmoet, as ons sover kom. 

Ek hoop ons kom sover, maar Argentinie speel goed.  Hulle kan onder geen omstandighede afgeskryf word nie.  Kyk nou net hoe het Frankryk vir Nieu-Seeland gewen.  Kan dit nie glo nie.  Ek het nogal gehoop hulle wen sodat ons ten minste 2 Suiderlike Halfrond spanne kon deurkry.  Ek hoop ‘n land van die Suide wen, is mos maar ‘n Noord en Suid ding julle weet!

Nou gaan ek ontspan vir die volgende week en nie dink aan die volgende wedstryd nie.  Kan my dalk net goed doen.  Doen julle nou dieselfde en ek praat sommer gou weer met julle.  Dalk met ‘n heerlike resep om ons senuwees te help bedaar.  Go Bokke!!!

Wie dink julle gaan wen?, of moet ek vra wie wil julle graag sien wen?

Leave a Reply

What is 6 + 12 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree