Sjoe, ons is deur na die finaal toe. Gelukkig was hierdie semi-finaal nie so ‘n naelbytwedstryd soos die kwart-eindrondte nie. Ek is nou net bekommerd oor die finaal. Die onsekerheid van wat gaan gebeur en wat om te verwag. Mens weet nooit nie. Engeland is onvoorspelbaar en die wen ’n paar weke gelede beteken niks nie. Engeland is sterker as ‘n maand gelede en ons weet net nie wat om te verwag nie…
Ek hoop ons doen goed en ek wil SOOOOOOO graag he ons moet wen.  Ons speel op die oomblik die beste rugby wat ons nog ooit gespeel het en ek glo ons het ‘n goeie span.  Hulle moet net kop hou en seker maak dat hulle basiese foute heeltemal uitsny.Â
Baie sterkte my geliefde Bokke en mag julle net julle beste lewer. Sterkte!!Â




Leave a Reply