Bok van Blerk se De la Rey

Fri, Oct 19, 2007

Something to Share

Hierdie is ‘n woderlike lied wat baie na aan my hart is.  Ek het die lied op CD gekoop toe ek in Suid-Afrika was nou die dag en nou het ek die video van De La Rey op die internet gekry.  Baie goed en pragtig.  Maak my ongelooflik trots om ‘n Suid-Afrikaner te wees.  Geniet die video en onthou waardeur ons voorouers moes gaan om vir ons ‘n toekoms in ons land te verkry.

Liefde groete aan al julle Suid-Afrikaners, waar julle ook al mag wees.  Gaan kyk gerus na die video.  Daar is ook ‘n video met Engelse byskrifte vir die wat dit in Engels wil sien en dan is daar natuurlik ook sommer die onderhoude wat met Bok van Blerk gehou is.

Lees, onthou wie jy is en wees altyd trots op jou geskiedenis, waar jy vandaan kom, jou taal en jou kultuur.

Leave a Reply

What is 11 + 14 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree