Sjoe, gister se wedstryd was vreeslik sleg vir my hart. Suid-Afrika het baie lanklaas so sleg gespeel. Hulle het ten minste gewen, maar dit is soms die spel self wat belangrik is. Ek hoop hulle doen beter met die volgende wedstryd. Ek weet hulle speel teen die VSA en dit behoort nie ‘n te moeilike wedstryd te wees nie, maar mens weet nooit…
Veral as dit moeilik is om te wen, sal dit dalk nie goed wees vir die Bokke nie. Aan die ander kant kan dit dalk goed wees om hulle bietjie op hulle tone te hou en harder te laat speel. Baie sterkte aan hulle. Ek hoop dit gaan baie goed en dat hulle sommer ver wen.Â
Sterkte Bokke, doen julle bes en bring die beker huistoe . . .Â




Leave a Reply