Suid-Afrika wen

Sat, Sep 15, 2007

Sport

Gisteraand was ‘n mengelmoes van opwinding en ‘n ongelooflike knaag van my senuwees.  Kom nader sodat dit kan verby kom, maar ook die gevoel van nee, wag, nog net een dag…

Ek het voor die televisie gesit en wag vir die kragmeting om te begin.  My hart het vinniger en vinniger geklop en toe ons lied begin speel het ek omtrent trane agter in my oe voel brand.  Die ongelooflike gevoel van trots terwyl ek saamgesing het en al die wonderlike Suid-Afrikaaners op die televisie dopgehou het.  Ongelooflik…

Toe ons begin was ek nog baie op my senuwees, maar na die eerste 10 minute het ek besef ons is meer passievol as Engeland.  Asof ons die wedstryd eerder wil wen as hulle.  Dit voel vir my asof ons altyd met ongelooflike gevoel speel.  Groot sterk manne huil as hulle die eeerste keer die groen en goud oor hulle koppe trek.  Dit maak my so trots om myself Suid-Afrikaans te noem.

Daar is net geen groter eer vir enige persoon as om ‘n Springbok te wees nie. 

Ek was so trots op hulle gewees.  Ek hoop net hulle gaan nou nog beter en beter speel.  Die wereldbeker het nou eers begin en daar is nog BAIE rugby wat vir ons voorle.  Ek weet hulle het dit in hulle om te wen.

Sterkte Springbokke, mag julle wen.  Die hele Suid-Afrika ondersteun julle en staan paalvas agter julle.

“Go” Bokke!!! – Ons vir jou Suid-Afrika.

Leave a Reply

What is 14 + 11 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree