Gewoonlik kook en bak ek, maar vandag het my liewe man besluit om een van sy gunstelinge te maak. Flap Jacks!  Ek is nie ‘n groot ondersteuner hiervan nie, maar ek het beslis daarvan probeer. Die rede waarom ek nie so baie daarvan hou nie, is oor daar so vreeslik baie botter in is. Baie ryk en kan jou maklik siek laat voel as jy te veel eet!
Dit is egter baie lekker solank as ek net ‘n bietjie op ‘n slag eet. Ek hou ook van die buitekantste randjie wat so lekker hardgebak is in die oond. Daar is genoeg vir ons vir ten minste ‘n paar weke!Â
Volgende week sal ek oatskoekies bak. Ek hou bietjie meer hiervan oor daar nie so baie botter in is nie.Â
Dankie my liefie, die Flap Jacks is lekker. Hoop julle almal het ietsie lekkers om te eet.  Geniet
  Â




Leave a Reply