Die Rugby het begin . . .

Tue, Sep 11, 2007

Sport

Die wêreldbeker is nou volstoom op spoed. Suid-Afrika het hulle eerste wedstryd Saterdag teen Samoa gespeel. Gelukkig het ons gemaklik gewen en ek het baie hoop vir ons spannetjie. Die Springbokke is ongelooflik fiks en heeltemal gereed vir hierdie wêreldbeker.

Samoa het goed begin maar speel vreeslike fisiese rugby. Daarmee bedoel ek hulle het heeltyd al ons spelers gestamp eerder as eerlik vir die bal gegaan en die spelers “getackle”.  Ek kan nie glo ons het slegs 1 besering opgedoen gedurende die wedstryd nie.

Die groot wedstryd lê egter Vrydag vir ons voor. Aan die een kant kan ek nie wag nie, maar aan die ander kant is ek so op my senuwees jy sal dit nie glo nie. Maar ek sien tog uit daarna. Vrydagaand 19:00 UK tyd word die groot wedstryd gespeel tussen ons en Engeland.

Vrydag se openingswedstryd het een verrassing opgelewer toe Argentinië vir Frankryk gewen het. Saterdag het Ierland, Skotland, Wallis, Nieu-Seeland en Australië gewen.

Die wedstyd, behalwe natuurlik die Suid-Afrikaanse een, wat my die meeste geïntreseer het was Namibië teen Ierland. Ek het so hard geskree en Namibië aangespoor, julle sal dit nie glo nie. Hulle het sleg begin maar teen die tweede helfte baie verbeter. Hulle het 2 drieë na mekaar gedruk en het so goed gedoen.

Ongelukkig het hulle nie gewen nie, maar hulle het hulle harte uitgespeel. Ek hoop hulle wen ten minste een van hulle wedstryde…

Leave a Reply

What is 13 + 2 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree