Goeienaand julle almal. Ek weet my webwerf is nie nuut in terme van nog een nie, maar vir die van julle wat gereeld hier ‘n draai maak, sal sekerlik die verskil kan sien.
Ek wil net baie dankie se vir my lieflike man wat al die moeite gedoen het om 2 dae aan die her-ontwerp van my webwerf af te staan. Hy het ook van ons lieflike fotos opgesit wat ons die afgelope jaar in Suid-Afrika geneem het. Ek is so opgewonde om julle te nooi om gerus daardeur te kyk.
Ek het ook ‘n nuwe artikel bladsy ingevoeg vir ons Engelse lesers en ek is op die oomblik besig om dieselfde te doen vir al my lieflike Afrikaanse lesers. Al die Afrikaanse artikels is beslis nog beskikbaar hier op my blog, maar die plan is om ook van die mees gewildstes op die webwerf self te sit.Â
Lees gerus en besoek ook my man se nuwe artikel webwerf. Ek sal mettertyd van my Engelse artikels daarop publiseer. Julle kan ook julle eie resepte en ander inligting oor kos daar publiseer as julle nie op myne wil skryf nie.
Geniet die nuwe werbwerf en laat weet asb nuwe idees, wat julle wil sien en wat ek vir julle kan nalees.
Groete vir eers tot later…




September 12th, 2007 at 6:17 am
Hi
Dankie vir al die mooi wense. Dit was so lekker om met jou te praat. Mis jou baie.
September 12th, 2007 at 9:44 am
Dis ‘n plesier my vriendin. Ek hoop regtig jy het jou dag sommer BAIE geniet. Praat sommer gou weer.
Liefde groete