Lekker vakansie in Suid-Afrika!

Tue, Aug 14, 2007

Vakansie in Suid-Afrika

Die laaste maand was wonderlik.  Ons het op die ingewing van die oomblik besluit om ‘n vakansie terug te boek Suid-Afrika toe.  Omstandighede het ons baie min tyd gelaat vir besluite neem, so ons het ons kaartjies die Woendsdag gekoop en Vrydag die 13de Julie gevlieg.  Dit is grootliks die rede waarom ek die afgelope klompie weke nie vir julle geskryf het nie.

Dit was egter die wonderlikste 3 weke wat ons in ‘n lang tyd gehad het.  Net om die ongelooflike Suid-Afrikaanse lug in te asem, die son op jou vel te voel brand en die heerlike yskoue wintersnagte te ervaar is hemels.  Ek voel sommer tuis.  Ek is oortuig daarvan dat ander mense sekerlik ook dieselfde moet voel as ek!

Ons het heerlik vakansie gehou en is ook Billito toe vir ‘n lekker see vakansie.  Dit was so ontspannend en heerlik om tyd by die see deur te bring en die branders die hele aand op die strand te hoor breek.  Die see het ‘n wonderlike kalmerende uitwerking op ‘n mens.  Ons het lekker gebraai langs die swembad met die see in die agtergrond en die wonderlikste sonsondergang.

Daar is so baie om te vertel en ek kan sekerlik die hele aand hierso sit en die heerlike omgewing net aan julle beskryf met die lieflikste beskrywende woorde, maar vanaand gaan ek hier stop.  Ek sal vir julle stukkie vir stukkie vertel van ons lieflike ondervinding. 

Vir nou gaan ek eers groet maar ek belowe die volgende keer wat ons weer praat sal daar ‘n nuwe resep op my blog vir julle wag.

Lekker aand en praat sommer GOU weer :)

PS:  Ek het toe ‘n wonderlike “Trots Afrikaanse” CD gekoop en De la Rey  is die eerste snit.  ‘n Wonderlike lied wat trane na my oe bring van ongelooflike trots om Afrikaans te wees. 

Leave a Reply

Spam Protection by WP-SpamFree