Vandag gaan ek ‘n watertand lekker resep met julle deel. Ons hou baie van ons wonderlike terte en glo my, min naweke en geen verjaarsdae gaan verby sonder ten minste een nie!
Bestandele:
1 pakkie tennisbeskuitjies
4 koppies plain jogurt (1 liter)
1 pakkie vanilla “instant” poeding
1 koppie room
1 blikkie kondensmelk (395gr)
Metode:
1. Maak die beskuitjies fyn en meng met botter om ‘n kors te vorm. Los in die yskas vir ‘n paar uur.
2. Klits die res van die bestandele alles saam en skep in die kors.
3. Laat staan in die yskas om te set en bedien koud.
Dit is ‘n lieflike resep en my tannie is die bo-baas bakster van hierdie ou gunsteling!




February 28th, 2009 at 10:16 am
Liewe vriendin,
in die tagtig jare het die keur sulke lekker vye uit skeer boekies gehad. daar was ‘n boeke met pons / punch resepte in. my boeke het weg geraak en ek kan nerens die resepte kry nie. die bestandele het bestaanuit die volgende: pynapple, piesangs,aarbeie, lemoensap, granedela pulp, gingerale, sodawater en lemon juice. die hoeveelheid en saamvoeging kan ek nie onthou hoop julle kan my help.
baie dankie
alida
February 28th, 2009 at 4:00 pm
Alida
Baie dankie vir die brokkie inligtin. Om die waarheid te se, ek is nie heeltemal seker nie. Ek sal so bietjie navorsing vir jou doen en sien of ek iets kan opspoor.
Ander lesers, as enige van julle ‘n idee het, skryf gerus aan ons.
January 10th, 2010 at 7:43 pm
Ek is opsoek na ‘n resep wat my ma altyd gemaak het – Waterberg poeding, dit was amper soos ‘n brood resep en dan het jy ‘n sous aangemaak met appelkoos konfyt
January 13th, 2010 at 9:11 am
Hi daar
Ek ken nie die naam van die poeding nie. Ek sal so bietjie navorsing doen en kyk of ek dit kan opspoor. As enige iemand anders dalk weet van ‘n Waterberg poeding, laat asseblief weet!
Lekker dag en sal jou op hoogte hou!
Groete
Lizel