Al wat ek kan doen is hoop… Die wedstryd tussen Suid-Afrika en Australie is nog nie verby nie, maar daar is nog net 10 minute oor. Die rede waarom ek nou al skryf is omdat ek nie dink ons gaan wen nie. Dit voel vir my of ons dit weer nie gaan doen nie. Seker omdat ons nie ons beste span oorgestuur het nie.
Hulle speel goed, maar hulle het nie die nodige ondervinding op internasionale vlak nie. Ek hoop maar net hulle verloor nie te ver nie. Miskien kan hulle dit regkry om nog ‘n bietjie meer punte aan te teken voor die einde van die wedstryd. Niemand wil so ver verloor nie…
Ek dink wel dit is baie onregverdig dat Australie ons nou sommer uit die drie-nasie en Super 14 reekse wil skop. Dit is beslis nonsens. Ek hoop net ons bly nog daar speel. Wie weet, ons word dalk net nog beter…




Leave a Reply