Groot Trek en Fotos

Wed, Jul 4, 2007

Something to Share

Verlede week was ons “groot trek”.  Ons het ons huisie verkoop en bly nou gelukkig baie na aan my werk.  Dit help, want ten minste het ek nou nie meer nodig om 2 ure per dag op die bus te sit nie.  Nou kan ek net om die draai loop dan is ek by die werk.  Dit is wonderlik!

Dit gee aan my die geleentheid om meer tyd saam met my man deur te bring.  Ons kook lekker wanneer ek 5 uur in die middag by die huis kom en dan gaan stap ons natuurlik ook in die oggende vir ‘n bietjie oefening.  Dit is heerlik.

Ek het ook so paar weke gelede uiteindelik ons trou album klaar gemaak.  Een van my beste vriendinne het vir ons ‘n pragtige handgemaakte album gegee as ‘n trougeskenk en ek het dit uiteindelik nou voltooi.  Is nou net opsoek na plakkers wat ek saam met die fotos kan inplak.

“Scrapbooking” is ‘n baie gewilde ding onder mense vandag en ek geniet dit ook vreeslik baie.  Dit is seker die wonderlikste manier om fotos van die belangrikste geleenthede in jou lewe te  bewaar.  Ek wil meer navorsing doen hieroor en kyk waar ek die beste voorraad kan kry.

Ek wil ook graag al julle resepte op my blog publiseer.  Stuur gerus julle gunsteling resepte in en dan kan ons dit onder die resepte opskrif publiseer.

Geniet die skrywery en praat gou weer.

Leave a Reply

What is 2 + 2 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree