Ek het vandag die Beeld aanlyn gelees soos ek elke dag doen en op ‘n berig afgekom wat my redelik ontstel het. Eintlik is dit nie nodig om so ‘n uitwerking op my te he nie, want dit is nie van soveel belang soos my geloof en familie nie, maar tog vind ek my gedagtes dwaal en daaraan dink…
‘n Week gelede is besluit dat na die rugbywereldbeker, die afrigter, kaptein en 7 wit spelers van die rugbyspan hulle werk gaan verloor. Nie omdat hulle nie suksesvol is nie, want persoonlik dink ek dat Jake White seker een van ons suksesvolste afrigters in die afgelope jare is. Hulle gaan hulle werk verloor omdat hulle nie voorheen benadeel is nie, op grond van hulle velkleur.
Ek weet nie hoe ander mense daaroor voel nie, maar ek persoonlik dink dit is tyd vir vrede maak, weer probeer, opbou en ‘n geleentheid om foute van die verlede reg te stel, daaruit te leer soos dit hoort. Maar tog vind ek dat dit nie gebeur nie. Ons is erger as donkies, want nie eers hulle stamp hulle koppe twee keer teen dieselfde klip nie. Maar tog leer ons net nie.
Daar is ook vandag aangekondig dat atlete en spansporte nie na die Olimpiese spele mag gaan as hulle nie 50 persent swart is nie. Hulle het vertel dat om te kwalifiseer vir die Olimpiese spele beteken nie dat hulle outomaties gekeur gaan word vir die span nie. Is dit nie waaroor dit gaan nie? Die feit dat hierdie atlete ‘n Godgegewe talent het wat nie weggesteek kan of mag word nie. Moet ons nie hierdie mense aanmoedig, aanspoor en help nie. Hoekom kyk ons ons vas teen kleur en help nie die met potensiaal nie, maak nie saak watter kleur hulle is nie.Â
Moet ons nie almal in ons land help om hulle talente te ontwikkel nie? Wil ons dan nie ons land verteenwoordig op die internasionale vlak en wen nie? Ek weet om te wen is natuurlik nie alles in die lewe nie, maar wel om jou beste te doen, om so hard moontlik te probeer en om trots te wees op jou land sowel as die span wat jy kies om jou te verteenwoordig.
Dit is presies hoe ek oor die saak voel. Geen persoon moet ooit iets in die lewe verdien op grond van hulle vel kleur, geloof, ras of seks nie. Jy moet gekeur word op grond van hoe hard jy werk om te kom waar jy wil wees. Dit moet tog sekerlik gebaseer word op jou potensiaal.Â
Kom ons staan almal saam en skenk kanse aan almal, elke liewe een in ons pragtige land. Ons moet ons kinders opvoed en die nodige toerusting gee om suksesvol te wees, want hulle is ons toekoms…




Leave a Reply