Hertzog koekies

Sun, Jun 3, 2007

Heerlike kos

Onthou julle nog hierdie gunsteling?  Ek het al amper daarvan vergeet maar het verlede week besluit dit is hoogtyd dat ek dit weer bak.  Ek het nie kolwytjiepannetjies in ons huis nie, so ek het besluit om die groter panne te gebruik.  Dit werk net so goed.  Jy kan die koekies so groot maak soos jy wil

Jy kan dit amper ‘n tertjie noem.  Smaak vorentoe.  Ek het belsuit om dit te bak oor ek lus was vir iets met klapper.  Het lanklaas klapper gehad so toe besluit ek op Hertzog koekies.

Eers moet jy die doppies aanmaak.  Dan skep jy ‘n lekker lepeltjie vol appelkooskonfyt in die doppies en skep klapper bo-oor saam met eierwit.  Ek sal die resep vir julle later in die week hier plaas.

Dit was ’n reuse sukses en my man is beslis ‘n goot aanhanger.  Dit maak my hart so trots en warm as hy hou van wat ek bak.  Ek is vandag nogal weer lus vir skons of kaaspoffertjies met room en kaas.  Ek sal moet gou maak as ek nog room wil kry.  So ek groet nou eers. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

HTML tags are not allowed.